Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Baie minder weermagwapens gesteel of verloor – minister

Die getal vuurwapens wat die afgelope boekjaar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gesteel of verloor is, toon voorlopig ’n drastiese afname.

Luidens ’n antwoord van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus daaroor, is net sewe vuurwapens van die weermag van 1 April 2018 tot nou gesteel of verloor.

Dit is 18 minder as die 24 gesteelde of verlore vuurwapens wat in die 2017-’18-boekjaar aangemeld is.

In transitorooftogte gebruik die rowers gewoonlik R4- of R5-aanvalsgewere, wat net deur die weermag en die polisie besit word.
Dr. Pieter Groenewald

In die 2016-’17-boekjaar is 26 vuurwapens asook 36 handgranate gesteel of verloor.

Die syfers vir die onlangse boekjaar is egter voorlopig en moet nog bevestig word.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê hoewel hy nie arrogant wil klink nie, glo hy dat die afname aan hom toegeskryf kan word omdat hy die afgelope 20 jaar reeds parlementêre vrae rig oor gesteelde vuurwapens van die weermag.

“Ek glo dié volgehoue druk het die departement laat optree,” sê hy.

Hy kon egter nie sê spesifiek watter optrede deur die departement tot die afname gelei het nie.

Siphiwe Dlamini, ’n woordvoerder van die departement van verdediging, het gesê hy sal eers teen Vrydag op navrae kan reageer.

Groenewald sê dit bly kommerwekkend dat daar sedert 1 April 2016 altesaam 57 vuurwapens, insluitende 30 aanvalsgewere, 8 000 rondes ammunisie en 36 handgranate gesteel of verloor is.

“In transitorooftogte gebruik die rowers gewoonlik R4- of R5-aanvalsgewere, wat net deur die weermag en die polisie besit word. Die weermag bewaar hul wapens baie goed en dit moet eintlik nie gebeur dat dit gesteel of verloor word nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.