Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bakkie nie moeg ná ’n miljoen kilometer
Dave Manley van Mosselbaai en sy Jack Russell-terriër Bonny by sy Isuzu 250-dubbelkajuitbakkie. Foto: QuickPic

’n Agtien jaar oue bakkie met meer as ’n miljoen kilometer agter die rug gaan volgende maand (weer) die lang pad van Mosselbaai na Namibië aanpak.

Dave Manley van Mosselbaai het 18 jaar gelede vir hom ’n nuwe dubbelkajuit-dieselbakkie, ’n Isuzu 250, teen R147 000 by CP Nel in Mosselbaai gekoop.

Die bakkie se kilometerlesing staan nou op 1 013 000 km. “Hy loop nog goed,” sê Manley. “Hy gee my niks probleme nie.”

Die bakkie het verlede jaar in Junie die kerf van 1 miljoen km bereik. In Julie 2017 is Manley en sy vrou, Gillian, na die Etosha-wildtuin in Namibië, meer as 2 000 km vanaf Mosselbaai.

“Volgende maand gaan ons weer Namibië toe met die bakkie. Ons gaan by die Visrivier stap.”

Die bakkie het ook al Suid-Afrika deurkruis. Hy het nie gedink die bakkie sal so lank hou nie. “Maar my bakkie is nie die enigste een nie, daar is ’n hele paar van dié model wat so lank hou,” sê hy.

Die bakkie het al ’n hele paar roeskolle op. “Ek het op 800 000 km opgehou met opknapwerk aan die buitekant.”

Die bakkie is tot op 200 000 km deur CP Nel gediens. Daarna het Manley self die bakkie se roetinedienste gedoen. Die bakkie het nog sy oorspronklike enjin en het op 540 000 km ’n nuwe ratkas gekry.

As iemand hom genoeg geld aanbied, sal hy dit oorweeg om sy kanniedood-bakkie te verkoop, sê Manley.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Langpad  |  Miljoen  |  Motors  |  Bakkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.