Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bakkiebestuurder kies hasepad oor ‘onwettige vuurwerk’

Die bestuurder van ’n bakkie met vermoedelik onwettige vuurwerk het weggehardloop tydens ’n klopjag wat deur die Garden Route-dierebeskermingsvereniging (DBV) in George in die Suid-Kaap geïnisieer is.

Dié klopjag, die eerste in sy soort wat op onwettige vuurwerk beslag lê, het Oujaarsdag in George se middedorp en die woongebied Blanco plaasgevind.

Dit is ’n inisiatief van die DBV in samewerking met die polisie.

Salome Bruyns, senior inspekteur van die DBV, en Gerda Reynders, nog ’n DBV-inspekteur, het die polisie se eenheid vir openbare orde, asook ander polisie- en wetstoepassingsbeamptes op soek na onwettige vuurwerk vergesel, sê Wendy Jones, voorsitter van die Garden Route-DBV.

Van die handelaars het blykbaar openlik onwettige vuurwerk verkoop. Omstreeks etenstyd het Bruyns ’n bakkie met vuurwerk in die middedorp opgemerk. Die bakkie se bestuurder het weggehardloop en Bruyns moes langer as twee uur by die bakkie waghou totdat die polisie op die bakkie en vuurwerk beslag kon lê.

Volgens Jones is ook beslag gelê op verskeie ander vuurwerk en die klopjag word as baie suksesvol beskou.

Ondanks die klopjag en die munisipale verbod op die afvuur van vuurwerk sonder ’n geldige permit, het talle angsbevange diere by die DBV beland nadat hulle uit vrees vir die geraas weggehardloop het.

Volgens Jones het mense reeds op 30 Desember 2018 onwettige vuurwerk in George se woongebiede begin skiet.

Van die voorvalle wat die DBV moes hanteer, was ’n hond wat deur twee groter angsbevange honde gebyt is toe hulle vir vuurwerk gevlug het.

“Daar het ook drie honde in ’n winkelsentrum beland en nog een in ’n drein,” sê Jones.

Volgens haar het die DBV-personeel hard gewerk ondanks moeilike omstandighede om die diere te help en sal die DBV vanjaar sy stryd teen onwettige vuurwerk voortsit.

Mense wat hul troeteldiere soek, kan die DBV by 044 878 1990 skakel, of sy perseel in Ossie Urbanweg in George se nywerheidsgebied besoek.

Meer oor:  Dbv  |  Vuurwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.