Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bakleier op video ‘lief vir haar man en hy vir haar’

“Ek wil hê my huwelik moet werk.”

’n Vrou sit op die grond waar sy Sondag aangerand word deur die vrou wat agter haar staan, glo weens ’n twis oor die aanvaller se man. Foto: Skermgreep

Dit is al wat die vrou van die Gansbaai-omgewing bereid is om te sê nadat ’n video van ’n bakleiery tussen haar en ’n ander vrou Sondag op haar kleinhoewe vandeesweek op sosiale media verskyn het.

Die vrou in die video wou niks meer as dit sê nie.

Dit is vir haar ’n moeilike week ná Sondag se bakleiery, sê mense wat haar ken.

Dit gaan nie nou oor die video wat wyd op sosiale media versprei is nie. Sy is lief vir die man met wie sy so twee jaar gelede getroud is en sy hoop dat alles steeds kan uitwerk vir hulle. Sy hoop op die beste vir haar huwelik, word gesê.

Inwoners van Gansbaai, van waar die vrou en haar man oorspronklik was alvorens hulle in die binneland op ’n kleinhoewe gaan woon het, sê wat hulle nie kan verstaan nie is dat die vrou wat aangerand is, ene Charmaine, die aand ná die bakleiery steeds daar oorgeslaap het.

“Sy het seker dan nie gevoel sy is in gevaar as sy daar gebly het nie,” sê ’n kennis van die egpaar.

Die vrou is eers die Maandagoggend daar weg, waarna sy ’n klag by die polisie gaan indien het.

In Gansbaai sê mense die vrou, wat die bakleier in die video is, “is glad nie so ’n mens nie”. Sy het ’n hart van goud.

Lees ook: KYK: Nog ’n bakleiery in ‘Hugo’-styl op sosiale media

“Sy is lief vir hom (haar man) en hy is lief vir haar. Die ander vrou was vir ’n tyd in Kaapstad en het weer in die omgewing opgedaag. Mense op die dorp sê sy het by die kleinhoewe opgedaag, wat eintlik aan die vrou behoort,” het nog ’n inwoner van Gansbaai gesê.

En nee, volgens ’n vriendin van die vrou (die bakleier) is sy nie so onversorg soos wat mense nou op sosiale media sê nie. Dit was ’n Sondag en sy was informeel aangetrek by haar eie huis.

Die man wat die video opgeneem het, het nie op oproepe en WhatsApp-boodskappe gereageer toe hy om kommentaar genader is nie.

Meer oor:  Gansbaai  |  Sosiale Media  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.