Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Balie-eksamen afgestel ná antwoorde uitlek

’n “Administratiewe fout” het daartoe gelei dat antwoorde van ’n Suid-Afrikaanse balie-eksamenvraestel uitgelek het voordat die eksamen geskryf is.

Kandidate was veronderstel om Maandag dié vraestel by verskeie lokale te skryf.

Dit het toe aan die lig gekom dat afskrifte van die antwoorde per abuis saam met die vraestelle uitgereik is. Die eksamen is onmiddellik tot Woensdag uitgestel.

Toe die kandidate Woensdag vir ’n tweede keer opgedaag het om dié eksamen af te lê, het dit op die lappe gekom dat die antwoorde weer uitgelek is op WhatsApp, waarna die eksamen afgestel is.

Toe dié raad Woensdag uitgevind het dat sekere dele van die vraestel op sosiale media die ronde gedoen het, is opdrag gegee dat die eksamen afgestel moet word.

Adv. Noel Graves SC, voorsitter van pupilskap by die Johannesburgse balie, het aan News24 bevestig dat die antwoorde per abuis aan kandidate gegee is.

“Die hoofopsiener het besef dat die antwoorde by die vraestel ingesluit is, maar dat dit nog nie uitgedeel is aan kandidate in Johannesburg nie,” sê Graves.

“Dit blyk nou dat die antwoorde wel uitgedeel is by een van die ander balies. Die nasionale balie-eksamenraad het toe opdrag gegee dat die eksamen uitgestel word.”

Toe dié raad Woensdag uitgevind het dat sekere dele van die vraestel op sosiale media die ronde gedoen het, is opdrag gegee dat die eksamen afgestel moet word.

Verskeie balies is nou in verbinding met die Algemene Balieraad van Suid-Afrika om ’n nuwe datum vir die eksamen vas te stel, en met ’n nuwe eksamenvraestel.

“Die kwessie word ondersoek,” sê Graves.

Meer oor:  Antwoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.