Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Balju vat oudmev. SA se biltong oor skuld

’n Voormalige Mev. Suid-Afrika, Tereza Herbst van Bloemfontein, was Dinsdagoggend nog besig om biltong by haar twee biltongstalletjies in die Twin City-winkelsentrum in Heidedal, Bloemfontein, af te lewer, toe die balju opdaag en daarop beslag lê.

Herbst het nie haar ooreenkoms nagekom om haar skuld van R364 963 aan AAA Vleis in Hospitaalpark, Bloemfontein, af te betaal nie.

Netwerk24 het in Junie vanjaar berig hoe Herbst by die deure van die hooggeregshof in Bloemfontein omgedraai het nadat sy ’n onderneming gegee het om die skuld af te betaal.

Herbst en AAA het tot ’n vergelyk gekom dat sy die skuld vanaf einde Julie in maandelikse paaiemente van R5 000 sou terugbetaal. Die paaiemente is nie betaal nie en die beslagleggingsproses is weer aan die gang gesit.

Vicus Holtzhausen, adjunk-balju van Bloemfontein-Oos, pak biltong in ’n plastieksak wat een van Tereza Herbst se werkers vir hom vashou. Die balju het Dinsdag op twee van Herbst se stalletjies in die Twin City Mall in Heidedal, Bloemfontein, beslag gelê. Foto: André Damons
Vicus Holtzhausen, die adjunk-balju van Bloemfontein-Oos, en sy werkers laai Dinsdag een van Tereza Herbst se biltongstalletjies op ’n sleepwa. Foto: André Damons

Vicus Holtzhausen en Shadrack Hlangwane, albei adjunk-balju’s van Bloemfontein-Oos, het Dinsdag net ná 10:00 by die twee stalletjies in Twin City opgedaag.

Herbst het gesê die stalletjies is op haar man, Bennie, se naam.

Die balju het egter voortgegaan om al die biltong te weeg en in plastieksakke te pak. Hulle het ook beslag gelê op lekkers, aartappelskyfies en koeldrank.

Beslag is op sowat 15 kg biltong gelê.

Omstreeks 12:00 is die leë stalletjies een vir een by die winkelsentrum uitgestoot en op twee bakkies gelaai.

* Die balju van Bloemfontein-Wes het ook die vroeër meubels in die egpaar se huis gaan opskryf vir die skuld vir biltong en ander droë vleisprodukte wat Herbst by haar vier biltongstalletjies in en om Bloemfontein verkoop het.

AAA Vleis het sedert 2014 tot einde 2016 vleisprodukte aan haar verskaf.

Meer oor:  Skuld  |  Balju
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.