Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Band bars glo voor ongeluk wat 8 eis
Noodwerkers behandel slagoffers van ’n ongeluk Maandagoggend buite Melkbosstrand, Kaapstad, waar ’n taxi en motor reg van voor gebots het. Foto: Wes-Kaap EMS
Die wrak van ’n motor wat Maandag in ’n botsing met ’n minibustaxi op Melkbosstrandweg betrokke was. Foto: Wes-Kaap EMS

Die band van ’n minibustaxi het vermoedelik gebars voordat dit ’n aankomende motor getref het in ’n ongeluk buite Melkbosstrand waarin agt mense dood en 13 beseer is.

Die polisie in die Wes-Kaap het Maandag bevestig hulle ondersoek die oorsaak van die botsing die oggend op Melkbosstrandweg naby die N7, en ’n saak van strafbare manslag is geopen.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê van die slagoffers, onder wie die taxibestuurder, is ernstig beseer en na verskeie hospitale gebring.

Die slagoffers se lyke moes teen die middag nog uitgeken word.

Van Wyk sê die polisie in Philadelphia is om 07:55 ontbied nadat ’n Toyota Quantum-taxi en ’n Suzuki-sedan op die M19 reg van voor gebots het.

Die taxi het na bewering uit die rigting van Dunoon gery om passasiers na Melkbosstrand te neem toe die motorband vermoedelik gebars en die voertuig in die inkomende verkeer ingery het.

“Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar en moes met meganiese toerusting verwyder word,” het Van Wyk gesê.

Die Wes-Kaapse nooddienste (EMS) het in ’n verklaring bevestig dat vyf mans en drie vroue in die ongeluk gesterf het.

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, het om 13:26 bevestig dat Melkbosstrandweg tussen die N7 en Mamreweg oopgestel is.

Meer oor:  Melkbosstrand  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.