Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Basta met hierdie pizza!

Dit mag miskien gerieflik en vinnig wees, maar vir baie Ita­lianers is dié idee erger as om pynappel of piesang op pizza te sit: ’n Pizza-outomaat is pas in Rome bekend gestel.

Fabrizia Pugliese kry haar pizza by die nuwe outomaat in Rome. Foto: REUTERS

’n Mens kan vier verskillende soorte by die knalrooi Mr. Go Pizza-masjien bestel.

Jy kan deur ’n ruit sien hoe word dit gebak en drie minute later kom jou vars pizza uit.

Die reaksie van klante het dié week gewissel van “aanvaarbaar as jy haastig is” tot volslae afgryse.

“Dit lyk goed, maar is baie kleiner as in ’n restaurant en daar is minder vulsel bo-op,” het Claudio Zampiga, ’n pen­sioentrekker, gesê.

Volgens oorlewering het Raffaele Esposito die klassieke pizza Margherita in 1889 geskep om koningin Margherita van Savoje te eer toe sy koning Umberto I in Napels besoek het.

Hy het tamaties, mozzarella en basilieblare gebruik om die rooi, wit en groen van die toe pas verenigde Italië te verteenwoordig.

Fabrizia Pugliese, wat van Napels kom en in Rome studeer, het oor die masjienpizza gesê: “Dis oukei, maar dis nie pizza nie.”

Vir baie Italianers sluit die pizza-ervaring in om ’n pizzaiolo (pizzamaker) dop te hou wat die deeg knie en in ’n baksteenoond met ’n houtvuur bak wat jy van jou tafel af kan sien.

Dis presies wat ’n restaurant naby die Mr. Go Pizza bied.

Giovanni Campana, het verklaar: “Ek sal nie eers daaraan dink om ’n pizza te eet wat deur ’n masjien gemaak is nie,” en ’n hap uit sy masjienpizza gevat.

Esposito, wat 132 jaar gelede ’n pizza vir ’n koningin gemaak het, sou saamstem, en draai seker in sy graf om. – Reuters

Meer oor:  Rome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.