Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Basta met regulasies, ons sal kos versprei, sê taakspan
Magda Coetzee en Hillel Coetzer help om kospakkies te pak.Foto: Verskaf

Die Covid-19-taakspan van AfriForum, Saai en Solidariteit Helpende Hand sal voortgaan om voedsel te versprei ongeag die regering se diktatoriale pogings om voedselskenkings en die verspreiding daarvan te beheer.

So skryf die taakspan in ’n gesamentlike verklaring.

Kospakkies word gepak.Foto: Verskaf

Die taakspan is sterk gekant teen riglyne wat die departement van maatskaplike ontwikkeling vir die verspreiding van voedsel bekend gemaak het en is van mening dat die beheer en sentralisering van voedselpakkies die verspreidingsproses beduidend vertraag en kos sal weerhou van gesinne wat dit broodnodig het.

Solidariteit Helpende Hand, wat die gesinne identifiseer aan wie die taakspan voedsel versprei, gaan ook nie voedselsentralisering of die regulering van voedselskenkings aanvaar nie en sal voortgaan om voedsel aan mense in nood te versprei.

“Die regering se besluit om voedselverspreiding te sentraliseer en te reguleer, is irrasioneel en onmenslik. Hierdie regulasies gaan veroorsaak dat mense honger ly en dat hul nood nie dadelik verlig kan word nie. Ons gaan voort om voedsel in samewerking met Saai en Solidariteit Helpende Hand te versprei,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê hulle gaan nie toelaat dat skenkings wat aan hulle toevertrou is deur die regering gereguleer word nie.

“Dié regulasies gaan verhoed dat gesonde maaltye by mense uitkom wat dit werklik nodig het. Ons gaan voort om honger mense in nood te help,” sê Rossouw.

Luidens die verklaring het Laeveld Agrochem 210 000 voedsame Genesis-kitsmaaltye aan die taakspan geskenk. Die taakspan kon Woensdag danksy dié skenking meer as 100 000 voedsame kitsmaaltye in die suidelike en sentrale dele van die land versprei. AfriForum het Woensdag ook 6 480 maaltye vir hulpbehoewendes verpak.

Meer oor:  Afriforum  |  Solidariteit Helpende Hand  |  Saai  |  Honger  |  Kospakkies  |  Koronavirus  |  Kosverspreiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.