Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Batchelor se broer wil sy lewe vier, ‘nie op negatiewe fokus’
Mark Batchelor is op 15 Julie by sy huis in Olivedale, Johannesburg, deur twee mans op ‘n motorfiets doodgeskiet. Bronne beweer Batchelor was betrokke by die Johannesburgse onderwêreld. Foto: Argief

Die oudsokkerspeler Marc Batchelor wat verlede Maandag in vermoedelik ’n sluipmoordaanval dood is, se broer, Warren, sê hy weet niks van Mark se beweerde betrokkenheid by Johannesburg se onderwêreld nie.

Marc was in sy wit BMW toe hy kort ná 18:00 deur twee onbekende mans op ’n motorfiets naby sy huis in Fourways, Johannesburg, doodgeskiet is.

The Sunday Times het Sondag berig die polisie ondersoek of die moord op Marc uit weerwraak gepleeg is weens sy beweerde rol in die smokkel van kokaïen na Suid-Afrika.

Polisiebronne het ook aan die Sondagkoerant bevestig dat ’n verband tussen Marc se moord en dié van Ivan Djordjevic in April ondersoek word. Dié Serwiër is op soortgelyke manier voor ’n woonkompleks in Bryanston afgemaai.

“Ek weet niks van die polisieondersoek nie, want ek fokus liewer daarop om my broer te groet,” sê Warren.

Hy en Mark het die afgelope drie jaar skaars gepraat nadat ’n vete tussen hulle ontstaan het. Die broers het egter planne gehad om mekaar te sien en die strydbyl te begrawe, sê Warren.

Maar Warren het toe nooit die kans gekry om met sy broer te versoen nie. Hy is Maandag na die toneel, maar Marc was reeds ’n uur dood.

sluipmoorde, Bedfordview

“Ek was te laat. Dit is tragies dat ek hom nie kon sien en dinge kon regmaak voordat hy dood is nie,” sê Warren.

Marc was ’n doelskieter wat vir die klubs Orlando Pirates, Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns gespeel het.

Netwerk24 het vroeër berig bronne in Johannesburg sê Marc het die afgelope paar jaar skuldinvordering gedoen.

Warren sê hy fokus nou daarop om vir Marc ’n deeglike gedenkdiens te reël om sy lewe te vier.

“Baie mense fokus op die negatiewe aspekte, maar ek wil die positiewe onthou. Hy was vir baie ’n sportheld. Hy was ’n kleurvolle karakter, wat vriendelik was en ’n warm hart gehad het. Hy was ’n broer wat ek liefgehad het.”

Marc word Donderdag om 12:00 uit The Crossing Church in Glenferness, Midrand, begrawe.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek steeds die saak. Hy wou nie kommentaar lewer oor die bewerings dat Marc by dwelmsmokkelary betrokke was nie.

Meer oor:  Marc Batchelor  |  Dwelmsmokkel  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.