Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beamptes in bakleiery in Paarl-gevangenis betrokke

Beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) was Woensdagaand in ’n bakleiery in die Allandale-gevangenis in die Paarl betrokke.

Dit gons op Facebook dat daar glo ’n messtekery in een van die selle was.

Hoewel Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, bevestig het dat daar ’n bakleiery was, wou hy nie oor die voorval uitwei nie.

“Die departement kan bevestig dat daar ’n voorval in die Allandale-gevangenis was, waarby beamptes in ’n bakleiery betrokke was. Die voorval word ondersoek en daarom kan ons nie meer inligting bekend maak nie. In die tussentyd is die veiligheid in die gevangenis verskerp.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.