Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Beast die oud-boelie maan oor afknouery

Beast was ’n groot kind, aggressief en ’n boelie. Maar in ’n stadium het hy besluit om sy krag na rugby te kanaliseer.

Dinsdag het die Springbok-loskopstut deelgeneem aan ’n teen-afknouery-veldtog, gelei deur Fidelity ADT, by drie skole in Gauteng.

Hy weet wat afknouery aan ’n jong persoon kan doen en dat dit ’n langtermyn-impak het, het Tendai Mtawarira aan honderde leerlinge van die Laerskool Theo Wassenaar in Robertsham in die suide van Johannesburg gesê.

“Dit bly by jou selfs wanneer jy ’n grootmens is en veroorsaak dat jy slegte besluite neem.”

Hy was nie ’n boelie omdat hy huislike probleme gehad het nie. Hy het ander kinders geboelie omdat hy groot gebou was.

“Maar ek het besluit om al die krag vir sport te gebruik,” het hy gesê.

Tendai (Beast) Mtawarira Foto: Zukhanye Mtebele
Foto: Zukhanye Mtebele

Onlangs is sy sewejarige dogter by haar skool geboelie. Sy het meer as een keer by die huis aangekom en oor die boelies gekla.

“Ek onthou hoe kwaad ek geraak het en wou na die skool toe gaan om die boelies te konfronteer, maar dit is nie die manier om dinge te doen nie. Jy word net kwaad wanneer jou kinders by die skool rondgestoot word.”

Dit is iets wat hy nie wil hê sy kinders moet deurmaak nie.

Die veldtog is die beste manier om terug te gee omdat hy destyds in die teenoorgestelde kamp was, het hy gesê.

“Om met kinders te werk, is iets waaroor ek passievol is. Ek wou nog altyd die jeug inspireer.”

Kinders wat geboelie word, moet daaroor praat, het Mtawarira gesê.

“Moenie daaroor stilbly nie. Moenie ’n slagoffer wees nie. Maak seker jy staan op daarteen. Daar is maniere om daaroor te praat. Sê vir iemand. Praat met ’n leier as jy bang is om met jou onderwyser te praat.”

Dit is onregverdig dat kinders wat deur ’n fase gaan dit op ander kinders uithaal.

Aan boelies het hy gesê: “Dit is ’n slegte ding. Dit is lelik en kan langtermyn-gevolge hê. Gebruik ander maniere soos sport om jou energie en aggressie uit te daag, of praat met iemand as jy hulp nodig het.”

Hy beplan om na nog meer skole te gaan en baie kinders te inspireer om afknouery te verminder.

Thato Phalatsi (11) het gesê Mtawarira het hom geleer dat iemand wat jou rondstoot of lelike goed oor jou sê, ook afknouers is.

Hy sê boelies moet weet dat hul gesin lief is vir hulle, hoewel hulle dit nie wys nie.

“Hulle (boelies) moet respek hê en as jy niks goeds het om oor iemand te sê nie, hou dit liewer vir jouself,” sê die gr. 5-leerling.

Leerlinge aan die Laerskool Theo Wassenaar was baie bly om Beast te sien. Foto: Zukhanye Mtebele
Leerlinge aan die Laerskool Theo Wassenaar was baie bly om Beast te sien. Foto: Zukhanye Mtebele
Leerlinge aan die Laerskool Theo Wassenaar was baie bly om Beast te sien. Foto: Zukhanye Mtebele

Meer oor:  Tendai Mtawarira  |  Boelie  |  Beast
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.