Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bebloede vriend van Matie klim oor 2 m hoë muur

Die Matiestudent wie se lyk Saterdagoggend op ’n plaas buite Stellenbosch gevind is, het haar daar doodgebloei.

Hannah CorneliusFoto: Facebook

Dinsdag was die gras waar Hannah Cornelius (21) se lyk omstreeks 08:30 die oggend gevind is, nog plat. ’n Plas droë bloed die enigste stille getuienis van haar laaste ure.

Volgens 'n bron was sy nie daar verkrag nie. Cornelius se vermeende verkragters en moordenaars het nadat hulle haar en ’n studentevriend, Cheslin Marsh, Saterdagoggend in Birdstraat, op Stellenbosch gekaap het, met die twee studente in haar blou Citi Golf na Kraaifontein gery.

Daar het hulle glo in ’n gruispaadjie langs die rioolplaas afgedraai. Op dié paadjie, tussen bosse en klippe, het hulle Marsh na bewering uit die kattebak van die motor gehaal, hom aangerand, met bakstene bestook en vir dood gelaat.

’n Kaalvoet en bebloede Marsh het omstreeks 07:30 daarin geslaag om na huise naby die plek waar hy aangerand is, te gaan.

Hy oor ’n betonmuur van amper 2 m geklim en aan ’n huis se deur geklop. Die huisbewoners se hond het hom aan sy broek beetgehad.

Margaret Fortuin het Dinsdag vertel hoe geskok sy en haar man, Avril, was toe hulle Saterdag omstreeks 07:35 die klop aan hul agterdeur hoor.

Volgens haar was Marsh bloedbesmeer en kaalvoet. Hy het ’n rugbytrui en jeans aangehad. Die was ook met bloed besmeer.

Fortuin het gesê Marsh het aan hulle vertel dat hy aangerand is. Sy het geen idee hoe hy oor hul grensmuur gekom het nie.

“Heel toevallig het ’n polisievoertuig in daardie tyd stadig die pad afgekom en het my man hulle nadergeroep. Ons het hulle vertel van die jong man en hulle het gesê hulle weet van studente wat in Stellenbosch gekaap is.”

Cheslin Marsh. Foto: Facebook

Sy het gesê Marsh is toe saam met die polisie daar weg.

Intussen het die mans wat die twee studente gekaap het, met Cornelius nog in die voertuig na bewering na ’n beboste gebied agter Reapers Paintball in Bottelaryweg gery. Daar het hulle haar vermoedelik om die beurt verkrag.

Die mans is glo daarna, met haar nog in die voertuig, terug na Stellenbosch, waar sy op die plaas Groenhof vermoor is. Netwerk24 het Dinsdag berig dat Cornelius sowat vier keer met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Drie van die steekwonde was aan haar nek. Sy het haar vermoedelik doodgebloei.

Twee van Cornelius se vermeende verkragters en moordenaars – Vernon Witbooi (32) en Geraldo Parsons (26) – is Saterdag omstreeks 14:00 ná ’n wilde jaagtog deur speurders van die Stellenbosch-polisiekantoor op die plaas Dwars-in-die-weg in Devon Valley, Stellenbosch, in hegtenis geneem. Hulle het na bewering probeer om daar te skuil.

Hulle het Maandag in die landdroshof op Stellenbosch op aanklagte van ontvoering, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, verkragting en moord verskyn.

Die saak is tot 28 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

’n Derde man, Nashwill Julies (26), is Sondag in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en ontvoering. Ook dié saak is tot 28 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

’n Vierde man wat Maandagaand in verband met die saak in hegtenis geneem is, verskyn Woensdag in die landdroshof op Stellenbosch.

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Cheslin Marsh  |  Matie  |  Muur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.