Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beeld-resepte kry beslag in Rita se kombuis

Rita van Wyk het met Beeld kontak gemaak met ’n navraag oor ’n fudge-resep wat in Naweek-Beeld verskyn het, en sommer gou kon ’n mens agterkom hiér is ’n toegewyde koerantleser.

Rita van Wyk

Rita is in Kriel gebore, maar het in Polokwane grootgeword waar haar pa geboer het.

“Na my hoërskooldae aan die Hoërskool Pietersburg kon ek ongelukkig nie gaan studeer nie as gevolg van ’n groot droogte. Ek het toe in Pretoria gaan werk waar ek my man, Dirk, ontmoet het.

“Ons dogter, Marietjie, was net twee jaar oud toe Dirk gesterf het.”

In 1977 het Rita na Polokwane teruggetrek en het vir 27 jaar by die Universiteit van die Noorde gewerk.

“Deur harde werk het ek assistent-registrateur van die eksamenafdeling geword. Ek het 12 jaar gelede afgetree, maar dié tyd van die jaar het ek gewoonlik so ’n tydelike werkie waar ek oor eksamens toesig hou.”

In 1993 is Rita weer getroud, met Deon van Wyk, en het twee seuns bygekry. Deon was vir 35 jaar by die SAUK en toe by Sentec, maar het ook nou afgetree.

“Deon is ’n regte ‘all-rounder’. Daar is niks wat hy nie kan doen nie – hy het in ons nuwe huisie van die plafonne tot die kaste self ingesit. En hy doen ook staalwerk, so hy is baie handig.

“Ons het saam nege kleinkinders en ses agterkleindogtertjies (ja, almal sussies!) wat saam met hul ouers in Pensacola, Amerika, woon. My kleinseun is daar in die vloot.”

Rita vertel sy is baie lief om in haar huis te werk en om vir ontspanning in te kleur. “Ek is ook baie lief vir kosmaak en bak – dis hoekom ek al die resepte toets wat in Beeld verskyn!”

Hulle is groot familiemense, en Rita sê sy is bevoorreg om naby albei haar susters te bly.

Hulle is groot familiemense, en Rita sê sy is bevoorreg om naby albei haar susters te bly.

“Ons kinders is vir ons baie belangrik. In die verlede het ons gereeld in Amerika gaan kuier, maar die rand-dollar-wisselkoers is nou ’n bietjie kwaai.

“Ons wat hier na aan mekaar bly, kom gereeld bymekaar, en al is ek nie eintlik ’n rugbykyker nie, was dit heerlik om die eindstryd saam met my familie te kyk. Ek het net so hard saam geskree vir die Bokke.”

Rita sê sy sal nooit haar koerant aanlyn wil lees nie – sy wil die papier in haar hande voel.

“Die hoogtepunte van Beeld, behalwe nou die nuus, is vir my Blou Willem op Maandae, Stephan Joubert se Goeie Nuus elke dag, die SMS’e, die briewe en die resepte. Ek lees die koerant van voor tot agter deur, en my groot gunsteling is op Saterdae, Louis die Laeveldleeu.

“Ek hou van hoe die koerant aangebied word, die dekking van die nuus. Dis lekker om nie net slegte nuus te lees nie, maar ook positiewe stories. En Bruid van die Jaar is heerlik om te volg. Ek en my man kyk altyd so na die foto’s en probeer voorspel wie die maandwenner gaan wees.”

Rita stel ook belang in die politiek en wêreldnuus omdat sy graag op die hoogte wil bly van wat plaaslik en internasionaal aan die gebeur is.

Sy en haar man luister graag opera en Christelike musiek. Hulle is ook baie lief vir reis en om plaaslik rond te toer.

“Ons is deel van die swaeltjies en gaan elke jaar Tshipise toe hier naby Musina, waar ons vir drie maande kuier.

“My een sus het ’n huis in Klein-Brak waar ons ook sommer vir maande op ’n slag gaan uitspan.”

Meer oor:  Resepte  |  Kombuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.