Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beeld se lesers kan lekker pryse ‘losbraai’

Die braaitradisie op Erfenisdag hou vanjaar lekker pryse in vir Beeld se lesers.

Pryse sluit in ’n geskenkpak deur Bakkies the Butcher en Simply Salt met vleis, speserye en toerusting om van jou ’n bobaas-braaier te maak. Die geskenkpak se waarde is R2 397.

Snowva borg ’n geskenkpak ter waarde van R2 200 met alles wat jy nodig het om die voggies te laat vloei en koud te hou.

Weber borg ’n braaier ter waarde van R5 499, Etosha Triquettes borg tien sakke brikette ter waarde van R59 elk en Safari Outdoor borg ’n koopbewys van R1 000.

Om in aanmerking te kom vir dié pryse moet jy Beeld vandag, môre en Saterdag (17, 18 en 19 September) dophou vir ’n braaidag-advertensie.

In die advertensies sal daar elke­ dag ’n vraag gevra word oor “Braaidag”.

SMS BRAAI, jou antwoord op die vraag, jou naam en van, e-posadres en waar jy woon na 35986. ’n SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

Ses wenners sal getrek word op die drie dae se deelname en korrekte antwoorde.

Wenners word op 21 September in kennis gestel en verskyn op 23 September in Beeld se braaibylaag. Besoek Beeld se Facebook-blad vir die volledige bepalings en voorwaardes.

Meer oor:  Pryse  |  Braai  |  Erfenisdag  |  Beeld-Lesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.