Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Befaamde akteur Clive Scott (84) hartseer gegroet

Die Suid-Afrikaanse komediant en akteur Clive Scott is Woensdag in die ouderdom van 84 jaar oorlede.

Clive Scott Foto: Verskaf

Gudrun Scott Cleghorn, sy dogter wat in die Kaap woon, het dit in ’n plasing op Facebook bekend gemaak.

Scott is om 14:30 oorlede en hul harte is gebreek, skryf sy.

“Hy het soveel lewens aangeraak en was gelief deur so baie. ’n Werklik kenmerkende lewe wat geleef is.”

Afgesien van sy rol as Ted Dixon in The Villagers, die eerste televisiedrama in Suid-Afrika in 1976, het hy ook in verskeie Suid-Afrikaanse TV-advertensies gespeel. Sy laaste groot rol was in Isidingo: The Need. Hy het ook die outobiografiese eenmanvertoning Warts and All in 2014 in Kalkbaai opgevoer.

Scott het drama aan die Webber Douglas Academy of Dramatic Art gestudeer en by verskeie teaters oor Engeland heen naam gemaak.

Die aktrise Lizz Meiring sê hy was ’n dierbare, gawe, intelligente en talentvolle man.

“Skerp, interessant en hy het altyd daarop aangedring om my palm te lees. Hy was baie goed daarmee! Rus sag, liefling Clive. Medelye met die gesin.”

Boodskappe van medelye het ook op sosiale media ingestroom ná Cleghorn se plasing.

Karen Clark sê ’n enorme generasie van mense wat grootgeword het met hom op die kassie, sal hom nooit vergeet nie. 

Cleghorn sê haar broers, Tom, Luke en Lufuno, is diep dankbaar vir al die liefde en uitsonderlike sorg wat haar pa in die laaste oomblikke van sy lewe ervaar het.

“Hambe kahle, Pops.”

Meer oor:  Komediant  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.