Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beitbrug en 5 ander grensposte word vergroot – minister

Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is een van ses grensposte wat vir infrastruktuurontwikkeling geïdentifiseer is om dit makliker te maak om groot getalle reisigers en goedere te hanteer, sê dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake.

Lang rye vragmotors is geen onbekende gesig by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe nie.Foto: Argief

Die uitbreiding van die grensposte sal in samewerking met die private sektor geskied, het Motsoaledi op ’n mediakonferensie in Kaapstad gesê.

Die huidige grenspos by Beitbrug, net noord van Musina in Limpopo, is in die vroeë 1990’s gebou nadat die vorige een hopeloos te klein geword het.

Beitbrug is die besigste grenspos in die land en daarom sal die pad- en spoorinfrastruktuur by dié grenspos ook verbeter word.

Motsoaledi sê pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat die uitbreiding van Beitbrug voorkeur moet geniet.

Hy het nie gesê watter ander vyf grensposte vergroot sal word nie.

Op 5 Januarie het 35 750 mense deur Beitbrug tussen Suid-Afrika en Zimbabwe beweeg.

Op 3 Januarie het 33 028 mense deur die doeane op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gegaan, terwyl 25 901 mense op 25 Januarie deur die Lembombo-grenspos met Mosambiek naby Komatipoort in Mpumalanga is.

Twee dae voor Kersfees het 20 728 mense deur die Ficksburg-grenspos tussen die Vrystaat en Lesotho in- en uitgegaan.

Op 21 Desember is 19 794 mense deur die Maserubrug-grenspos naby Ladybrand, ook in die Vrystaat.

Op dieselfde dag wat die meer as 33 000 mense deur die doeanepunt op die O.R. Tambo-lughawe is, het 11 649 mense Suid-Afrika op die Kaapstad Internasionale Lughawe binnegekom of verlaat.

Volgens Motsoaledi het 594 350 Zimbabwiërs in die vakansietyd die land deur grensposte binnegekom, 570 684 burgers van Lesotho, 293 426 Mosambiekers, 226 662 burgers van Eswatini en 191 025 Botswana-burgers.

Twee dae voor Kersfees het 20 728 mense deur die Ficksburg-grenspos tussen die Vrystaat en Lesotho in- en uitgegaan.

In dieselfde tydperk het 83 772 Britte (dit sluit in die Barmy Army, die ondersteunersgroep van die Engelse krieketspan), 50 985 Amerikaners, 52 534 Duitsers en 36 116 Namibiërs Suid-Afrika binnegekom.

Meer as 30 000 Malawiërs het ook die land binnegekom.

Motsoaledi sê 10 362 mense is met hul aankoms by grensposte toegang tot Suid-Afrika geweier. Die meeste van hulle was Zimbabwiërs.

By Beitbrug is 2 433 Zimbabwiërs weggewys.

Meer as 2 000 Mosambiekers het ook nie die nodige stempel in hul paspoorte gekry nie.

’n Verdere 18 127 buitelanders is tot ongewenste besoekers verklaar omdat hul visums verstryk het.

Motsoaledi het toegegee onwettige immigrasie bly ’n groot uitdaging. Dit het die nodigheid uitgewys vir die skepping van ’n grensbestuurowerheid waarvan verskillende staatsdepartemente deel moet wees.

Hy sê sowat 250 000 Suid-Afrikaners het gebruik gemaak van die langer kantoorure wat die departement van binnelandse sake in die vakansietyd oop was.

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Zimbabwe  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.