Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bejaarde in hospitaal vasgebind: 4 se poste in gedrang

’n Veiligheidswag, twee dokters en ’n verpleegster is op spesiale verlof ná die voorval waarin die 76-jarige Martha Marais in die Mamelodi-hospitaal by Pretoria vasgemaak is.

Dr. Bandil Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, het Sondag die familie besoek en die nuusmedia op die hoogte gebring van die departementele ondersoek.

Die viertal is die geleentheid gebied om voorleggings te doen oor hoekom hulle nie afgedank moet word nie, het Masuku gesê.

Die 76-jarige Marais se dogter, Stephnie, het Woensdag ’n klag van aanranding teen die betrokkenes en die Gautense departement van gesondheid ingedien nadat sy haar gedehidreerde en honger ma onder die stoele aangetref het. Haar hande was aan die stoele vasgemaak.

Beeldmateriaal van die voorval het tot skokgolwe op sosiale media gelei.

Marais het sedert Dinsdagoggend in die hospitaal op mediese hulp gewag. Personeel van die Eersterust-kliniek het haar die vorige dag weens naarheid en

’n maagaandoening na die Mamelodi-hospitaal verwys.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ook Sondag die gesin besoek.

Martha Marais (76) is vasgemaak onder stoele in die Mamelodi-hospitaal gevind. Foto: Verskaf
Meer oor:  Martha Marais  |  Mamelodi  |  Mamelodi-Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.