Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bejaarde van Hermanus val hom dood tydens staptog

’n Welbekende inwoner van Hermanus en marathonatleet het hom Donderdag doodgeval tydens ’n staptog in die Vogelgat-natuurreservaat by Hermanus.

Die Wes-Kaapse mediese noodwerkers (EMS) is net ná 10:00 uitgeroep en ’n AMS-helikopter was deel van die soek-en-reddingsoperasie.

Volgens brig. Donovan Heilbron, groepbevelvoerder in die Overberg-distrik, het die polisie met ’n geregtelike nadoodse ondersoek begin.

“ Die 75-jarige man het in die berge gaan stap en geval. Hy het weens sy beserings beswyk,” sê Heilbron.

Deel van die span wat gehelp het om ’n man van Hermanus se lyk in ’n kloof te vind. Foto: Verskaf

Die Whalers-atletiekklub het op Facebook die oorledene as Gavin Turner geïdentifiseer.

In die Facebook-inskrywing sê die groep: “Dit is met ’n swaar hart dat die Whalers-komitee die dood van ’n jare lange lid van die klub en die voormalige tesourier, Gavin Turner, aankondig. Gavin het vanoggend in die Vogelgat-natuurreservaat gaan stap en in ’n kloof hom doodgeval. Ons gedagtes en gebede is met Cynthia en die kinders gedurende hierdie baie hartseertyd.

Die kloof in die Vogelgat-natuurreservaat. Foto: Verskaf

“Gavin was ’n uiters aktiewe lid van die klub en was verantwoordelik vir die opleidingsprogram vir atlete vir die Twee Oseane en Comrades, wat deur baie van ons lede gevolg is. Hy was een van die sleutelfigure in Saterdagoggende se langafstand-hardloopsessies, en maak nie saak of dit gereën of die son geskyn het nie, Gavin het seker gemaak dat hy betyds daar is. Ons sal jou mis Gavin. Rus in vrede.”


Deanna Bessick, EMS-woordvoerder, sê ses EMS-personeellede en vier reddingsvoertuie was op die toneel.

“Sewe Overstrand-brandbestryders en vier plaaslike lede van die Wildernis-soek-en-redding het ook gehelp. Die lyk van die oorledene is sowat 50 meter onder die paadjie van die staproete gevind.”

Gavin Turner (75), wat hom in die Vogelgat-natuurreservaat naby Hermanus doodgeval het. Foto: Whalers Athletics Club

Bessick sê die span kon die oorledene met toue oplig en ’n Skymed-helikopter het die lyk weggeneem.

“Ons wil ons innige meegevoel betuig met die vriende en familie van die oorledene.”

Vriende het op sosiale media hul medelye uitgespreek en Turner as ’n inspirasie, marathonlegende, heer en goeie vriend beskryf.

Meer oor:  Gavin Turner  |  Vogelgat-Natuurreservaat  |  Hermanus  |  Doodgeval  |  Staptog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.