Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bek-en-klouseer ‘versprei nie verder in Limpopo’

Geen nuwe voorvalle van bek-en-klouseer is die afgelope tien weke in Limpopo aangemeld nie en die departement van landbou sê die virus het nie verder versprei nie.

Luidens ’n verklaring wat gesamentlik deur die departement van landbou, bosbou en visserye en die veebedryf uitgereik is, is die omgewing waar bek-en-klouseer 14 weke gelede die eerste keer aangemeld is sedertdien intensief bestuur en die uitbreking van die siekte beperk.

Ter illustrasieFoto: Marelize Barnard

Die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (OIE) het in Januarie besluit om Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status terug te trek nadat die departement enkele gevalle van dié siekte in die Vhembe-distrik van Limpopo geïdentifiseer en aangemeld het.

Daar is streng maatreëls in dié streek en padblokkades wat opgestel is, behoort teen einde April opgeskort te word, lui die verklaring.

Ingevolge die maatreëls is daar ’n verbod op die vervoer van vee in en uit die gebied sonder die nodige toestemming van die staatsveearts. Verder mag geen onbewerkte diereprodukte van gehoefde diere sonder die nodige permit van die staatsveearts uit die gebied geneem word nie. Dié maatreëls sal nog ’n paar maande geld.

Die departement van landbou, bosbou en vissery het suksesvol onderhandel vir die hervatting van beesvleis-uitvoer na Bahrein, Lesotho, Mosambiek, Egipte, Katar, Jordanië, Swaziland, die Seychelle, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate.

Varkvleis van dele wat vry is van bek-en-klouseer kan weer uitgevoer word na Lesotho, die Seychelle, Mosambiek, Swaziland en Namibië.

Die mark vir melkprodukte is grotendeels herstel, terwyl daar weer toegelaat word dat wol na Egipte uitgevoer word.

’n Handelstaakspan werk steeds hard daaraan om die uitvoer weer oop te stel sodat wol, sybokhaar en dierevelle weer vrylik uitgevoer kan word.

Onderhandelings duur voort om beesvleis na Namibië te kan uitvoer, varkvleis na Botswana, dierevelle na Egipte, en dierevelle en wol na Maleisië.

Die departement bedank alle boere, die betrokke bedrywe en regeringsinstellings wat met veeartsenydienste saamwerk om die siekte te bekamp.

Meer oor:  Departement Van Landbou  |  Limpopo  |  Landbou  |  Bek-En-Klouseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.