Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende onkoloog van Limpopo sterf

’n Bekende onkoloog van Polokwane in Limpopo is op die laaste dag van sy vakansie in Mauritius dood.

Dr. Hercules Malan en sy vrou, Roeline. Foto: Facebook

Dr. Hercules Malan (66) en sy vrou, Roeline (66), was saam met vakansie en sou die naweek terugkeer na Suid-Afrika.

Paul, Malan se oudste seun, sê die egpaar het Vrydag vir oulaas saam gaan snorkel.

“ ’n Lykskouing het bevestig hy het ’n hartaanval gekry terwyl hy onder die water was,” sê Paul.

Sy ma het intussen die naweek alleen teruggekeer na Pretoria waar sy bygestaan word deur familie en vriende.

Paul sê die familie sal in die week na Polokwane, die egpaar se tuiste vir die afgelope twee dekades, gaan om begrafnisreëlings te finaliseer.

“My ouers het vroeër baie rondgetrek. Ons het onder meer in Krugersdorp, Giyani, Ventersdorp, Randfontein, Carletonville en Bloemfontein gebly,” sê Paul.

Malan en Roeline het in 1999 hulself in Polokwane gevestig. Hulle het twee seuns en twee dogters, asook sewe kleinseuns.

Talle kankerpasiënte in die noorde van Suid-Afrika is al suksesvol deur Malan behandel.

Hy was die stigter van die Morula-onkologiesentrum in Polokwane waar chemoterapie en radioterapie toegedien word.

Volgens Paul was sy pa lief vir reis, maar sy grootste liefde en ook stokperdjie was geskiedenis en veral genealogie.

Malan was onder meer ’n lid van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika en ook outeur van die boek Die Malans van Suid-Afrika, asook stigter en ondervoorsitter van die Malan-familiebond.

Malan was ook die medeskrywer van die Geskiedenis van die Jordaan-familie. Hy het ook ander familiegeskiedenisboeke geskryf, onder meer oor die Roothman-familie in Suid Afrika.

’n Gedenkdiens vir Malan word op Vrydag 31 Mei om 11:00 vanuit die NG kerk Noord in Polokwane gehou.

Meer oor:  Dr. Hercules Malan  |  Mauritius  |  Polokwane  |  Onkoloog  |  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.