Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende druiweboer sterf

Stephanus Rossouw (78), bekende druiweboer van die Hexriviervallei, is op 10 September dood.

Rossouw was die stigter en voorsitter van Mooigezicht Estates. Hy is by die huis op sy plaas Arbeidsgenot dood nadat hy vermoedelik ’n hartaanval gehad het.

Mooigezicht is in 2014 as die Wes-Kaap se Boerdery van die Jaar aangewys.

Mooigezicht bestaan uit elf plase in die Hexriviervallei en was die eerste uitvoerder van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe na Japan.

Stephanus Rossouw (78) bekende druiweboer van die Hexriviervallei, is op 10 September vermoedelik aan ’n hartaanval dood. Foto: Verskaf

Francois Rossouw, Stephanus se seun en uitvoerende direkteur van Mooigezicht Estates, het Woensdag gesê op 78 was sy pa nog so gesond en helder van verstand.

“Ek het die voorreg gehad om hom te kon ervaar waar hy die meeste tyd en passie getoon het – tussen sy mense en wingerde. Hy was so lief vir elkeen. Hy het almal op gelyke vlak behandel,” sê Francois.

As oupa het hy al hoe meer tyd met sy kleinkinders, vir wie hy so innig lief was, deurgebring.

“Hy was almal se hero en hy het saam met Mamma soveel moeite gedoen om al die geleenthede by te woon, op kultuur- of sportvlak.

“Geld en roem het hom nie verander nie, want sy beginsels was te sterk en hy was die nederigste persoon wat ek al ooit ontmoet het.”

Francois het namens die Rossouw-gesin gesê hulle eer hom vir sy Christenskap, sy ongelooflike liefde vir sy gesin, familie en almal met wie hy in kontak gekom het.

Geld en roem het hom nie verander nie, want sy beginsels was te sterk en hy was die nederigste persoon wat ek al ooit ontmoet het.

Hy word oorleef deur sy vrou, Laetitia, en vyf kinders en hul gesinne – Francois Rossouw en sy vrou, Gerda, Jeanne-Mari van Biljon en haar man, Leon, Jeanine Andro en haar man, Raphaël, Stephan Rossouw en sy vrou, Helene-Mari, en Laetitia Jardim en haar man, Tyron, asook 13 kleinkinders, sy broer, Etienne, en susters Lorraine de Kock en Suria Tilney.

Behalwe vir verskeie poste soos direkteur van WPK (Koöp) Bpk; Worcester en die Hexriviervallei se verteenwoordiger in die Sagtevrugteraad; direkteur van Unifruco Bpk. en Universal Frutrade (Koöp) Bpk., asook voorsitter en ook ondervoorsitter van die Sagtevrugteraad, was Rossouw aktief betrokke by verskeie Christen- kerkgroepe en gemeenskappe in die Hexriviervallei.

Die begrafnisdiens is Vrydagoggend. Kry meer inligting daaroor op Mooigezicht Estates se Facebookblad.

Meer oor:  Stephanus Rossouw  |  Hexriviervallei  |  Tafeldruiwe  |  Boer  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.