
Peter Grace Foto: Facebook
Die Suid-Afrikaans gebore gholfspeler Branden Grace se pa, Peter Grace, is oorlede.
Grace se vrou, Lourenza, Branden se ma, het dit Woensdag by navraag aan Netwerk24 bevestig. Sy kan egter eers later die middag met Netwerk24 praat omdat sy besig is met dringende reëlings.
Die egpaar is bekende inwoners van Buffelsbaai naby Knysna waar hulle ’n restaurant en winkel besit.
Na verneem word was Grace die afgelope ruk in die hospitaal nadat hy siek geword het. Hy is Dinsdag oorlede.
Branden was vroeër jare ’n leerling van die Hoërskool Outeniqua in George.
Huldeblyke vir Grace het ook op Facebook ingestroom waar hy bestempel is as ’n wonderlike man, pa, oupa en vriend.
Meer inligting volg later.

Gelukkiger tye: Branden Grace, sy seuntjie, Roger, en sy vrou, Niekie, toe Grace die SA Ope in Januarie 2020 gewen het. Foto: Gallo Images