Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende Kaapse beplanner van geleenthede skielik dood

Sy sou altyd help as sy kon. Sy was die mooiste mens met die wonderlikste hart.

So praat mense van Anel Theron (41), ’n Kaapstadse geleentheidsbeplanner wat Maandag dood is.

Theron se lyk is volgens die polisie omstreeks 16:00 by die Stikland-spoorwegstasie gevind.

Anel Theron Foto: Facebook

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê by navraag die polisie in Bellville het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en “die omstandighede rondom die voorval word ondersoek”.

Theron, die ma van drie kinders, was ook onder meer die stigter van In en ommie Kaap, ’n diens wat interessante plekke en dinge om in die Kaap te doen aan mense bekend gestel het.

Volgens haar Facebookblad was sy ook betrokke by bruid- en mode-skoue en was sy die stigter van Vintage Treats, ’n onderneming wat tuisgemaakte produkte en lekkernye verskaf het.

Sy het in 2019 ’n paar keer op Vrydagoggende die “In en ommie Kaap”-insetsel op die gemeenskapsradiostasie Radio Tygerberg 104fm se ontbytprogram aangebied.

Anton Brink, omroeper by dié stasie, sê by navraag Theron was ook ’n luisteraar en “baie lief vir die stasie”.

Ons was almal bitter lief vir haar. Haar dood is ’n groot skok en ons gaan haar oneindig baie mis.

Volgens hom was Theron een van sy vrou, Arlene, se beste vriendinne, en sou sy altyd help as sy kon. Sy het baie van haarself vir ander mense gegee.

“Ons was almal bitter lief vir haar. Haar dood is ’n groot skok en ons gaan haar oneindig baie mis.”

Mense het ook op Facebook hulde gebring aan haar. Mense het onder meer geskryf hulle sal nooit haar sprankelende persoonlikheid en liefde vir mense en kinders vergeet nie.

Sy is onder meer beskryf as dinamies, begaaf, passievol, entoesiasties, ’n sagte mens met ’n omgee-hart, iemand wie se positiewe energie en persoonlikheid behoorlik uitgeborrel het en wat altyd die een was wat almal se trane afgevee en hulle moed ingepraat het.

Die familie kon nie vir kommentaar bereik word nie. Theron word oorleef deur haar man, André, en drie kinders. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Meer oor:  Anel Theron  |  Stikland  |  Ontbyprogram  |  Dood  |  Geleentheidsbeplanner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.