Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende Kommetjie-man dood in sy huis gevind

Die lyk van ’n bekende branderplank-vervaardiger van Kommetjie in die Wes-Kaap, Ryan “Smithy” Smith (40), is Saterdag in sy woonstel aangetref.

Volgens die polisie word geen gemene spel vermoed nie en ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Ryan Smith (40)Foto: African Sufriders Foundation

Donovan Smith, Ryan se broer wat in Londen woon, het op Facebook gesê hulle weet baie min van Ryan se laaste ure, maar mense in Suid-Afrika het baie gehelp om die waarheid vas te stel.

Die familie was aanvanklik onder die indruk dat hy aan meswonde gesterf het, maar Donovan sê in ’n latere plasing op Facebook dat die “misverstand” opgeklaar is.

“Geen tekens van gemene spel is gevind nie,” sê hy. “Ons kan bevestig dat Ryan ’n ongeluk in sy huis gehad het nadat hy Vrydagaand tuisgekom het. Die polisie het ons baie gehelp en ons is dankbaar vir alles wat hulle gedoen het.

“Hy het sy kop gestamp en is later aan sy beserings dood.”

Hoewel Donovan aanvanklik op Facebook gesê het dat sy broer se ID, selfoon en bankkaart weg is, het hy in ’n latere plasing gesê dat die selfoon en bankkaart wel gevind is.

“Dus was daar nie ’n moord soos wat ons aanvanklik gedink het nie. Dit was net ’n tragiese ongeluk,” sê hy. “Ek sal binnekort besonderhede plaas oor ’n geleentheid wanneer ons in die water sal gaan om sy as te strooi.”

Ryan was die eienaar van Smithy Surfboards en die stigter van die African Sufriders Foundation, ’n organisasie sonder winsbejag.

Ryan Smith hou ’n katjie vas. Foto: Facebook/Ryan Smith

Dié stigting beywer hom vir die opleiding van mense in strandveiligheid, om rommel op strande op te tel en om arm gemeenskappe te help ontwikkel.

Ryan se organisasie leer ook mense swem en verskaf opleiding aan vissermanne oor veiligheid op die diepsee.

Hy het elke individuele branderplank self gemaak, die grafika ontwerp en dit met die hand geverf. Die borde is met veselglas verseël.

“Ek dink gedurig aan Ryan sedert ek hierdie aaklige nuus gehoor het,” sê een persoon op Facebook. “Dit is so ongelooflik hartseer en my hart gaan uit na sy familie en almal wat hom geken het. Ek is verlig dit was nie die ander scenario nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.