Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bekende met ou motors gegroet

Was dit nie vir die Covid-19-maskers nie, kon ’n mens jou Vrydag in Kroonstad amper verbeel het jy is deel van ’n doodgewone straattoneel uit die jare sewentig.

Statige Rolls Royce-motors, ou Mercedes-Benze, ’n spoggerige Cadillac en talle ander veteraanmotors het deur die dorp se strate gery.

Willem Els (59) by een van sy Rolls Royce-motors wat hy versamel het. Foto: Tharine Hurter

By die Jordania-aftreeoord, wat aan Willem Els (59) behoort het, het bejaardes geduldig in die amperse somerson gewag om vir oulaas van hom afskeid te neem.

Werkers van die oord het gewag en in Sotho gesing om eer aan hom te betoon.

Die familie wou graag ’n “behoorlike begrafnis” hê en al moes Els ingevolge die Covid-19-regulasies onmiddellik veras word, is sy as begrawe.

Sy as is in ’n houer op ’n doodskis gesit en by die kerk en die graf deur sy seuns en nog familielede gedra.

Ds. Marius Ellis het Els se troosdiens in die NG Moedergemeente gehou waarna die beperkte aantal gaste, talle in Els se veteraanmotors, deur die dorp na die aftreeoord gery het waar sy as begrawe is.

Els, wat volgens ’n vriend bykans twee weke lank siek was, is op 19 Julie weens Covid-19 in die hospitaal oorlede.

Sy vrou, Alta, was ook siek weens Covid-19, maar het intussen herstel.

Els het 44 jaar lank die paneelkloppers Kroon Paneelkloppers in die dorp besit. Hy het later die Jordania-aftreeoord ontwikkel.

Els is in ’n kamp vir diere langs die aftreeoord begrawe. Sy seun Tiaan het vroeër gesê sy pa het ’n passie vir bejaardes gehad en was ook baie lief vir die talle diere, waaronder heelwat boksoorte, wat hy hier aangehou het.

Meer oor:  Jordania-Aftreeoord  |  Willem Els (59)  |  Motors  |  Dood  |  Covid-19  |  Afskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.