Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende ontwikkelaar sterf aan hartaanval

’n Gedenkdiens word beplan vir Anthony Sinovich (77), ’n prominente eiendomsontwikkelaar van die Sinovich-groep in Pretoria, wat Woensdag op vakansie in Vishoek in die Wes-Kaap aan ’n hartaanval dood is.

“My pa was nog op en wakker vir sy ouderdom. Hy en my ma, Ilona, was op vakansie toe dit gebeur het. My pa se afsterwe kom as ’n groot skok,” het sy seun, Anton, Maandag gesê.

Sinovich is op 11 Februarie 1944 in Pretoria gebore. Hy is van Kroatiese afkoms en het in Daspoort op die familieplaas grootgeword.

Anthony Sinovich, ’n prominente eiendomsontwikkelaar van die Sinovich-groep in Pretoria, saam met sy vrou, Ilona. Die 77-jarige Sinovich is Woensdag aan ’n hartaanval oorlede.

Hy het aanvanklik met boerdery op die plaas gehelp voordat hy hom in sy vroeë twintigs op die familieonderneming, ’n eiendomsontwikkelingsmaatskappy, begin toespits het.

“Wat vandag bekend staan as die voorstad Sinoville was ’n plaas wat deur my oupa, George Sinovich, gekoop is.

“Die Sinovich-familie het op die plaas Sinoville met eiendomsontwikkeling begin wat oor die jare heen deur die generasies voortgesit en uitgebrei is,” sê Anton.

“My pa was ’n verantwoordelike en opregte mens wat alles vir sy gesin gedoen het. Hy was ’n liefdevolle man vir my ma,” sê Anton. Hulle was 48 jaar getroud.

Tanya, sy dogter, sê Sinovich was oneindig passievol oor eiendomsontwikkeling. “Dit is die rede hoekom hy eers verlede jaar afgetree het. Hy was ook bekend vir sy vrygewigheid en sou alles doen vir liefdadigheidsorganisasies,” sê sy.

Tanya beskryf hom as ’n man van “onberispelike integriteit”. “My pa se skielike heengaan is ’n reuseverlies vir die familie en die gemeenskap,” sê sy.

Sy spreek haar dank uit vir al die boodskappe van liefde en ondersteuning wat die familie in dié hartseer tyd ontvang het.

Sinovich word oorleef deur sy vrou, Ilona, sy kinders, Anton, Mark en Tanya, sy skoonseun, Fred, en skoondogter, Fern, en sy kleinkinders, Julia, Donna, Sienna, James en Nikola.

Meer oor:  Vishoek  |  Kaapstad  |  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.