Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende paleontoloog van Bloem sterf aan breinkanker

’n Wêreldbekende paleontoloog van die Nasionale Museum in Bloemfontein is ná ’n stryd van drie jaar teen breinkanker oorlede.

Dr. James Brink (61), al langer as 35 jaar ’n navorser by die Nasionale Museum, is Maandag kort ná sy aankoms by die Mediclinic Bloemfontein oorlede.

Breinkanker is in 2016 by hom gediagnoseer en hy was die afgelope jaar bedlêend.

Dr. James Brink

Brink is verlede jaar vir sy bydrae tot beenkunde, kwarternêre paleontologie en argeodierkunde vereer.

Danksy Brink se navorsing kon mense meer leer oor patrone en prosesse wat die evolusie van Suid-Afrika se

landskap en soogdiere gedryf het.

Brink het met sy werk ook aangetoon hoe verskillende omgewings ’n invloed gehad het op die fisieke veranderinge aan diere en die samestelling van hul ekologiese gemeenskappe.

Een van sy groot bydraes was die navorsing wat in die jare 1990 gedoen is om die ouderdom van die

Florisbad-skedel op 259 500 jaar te bepaal.

Marianne Brink (59), sy vrou van die afgelope 28 jaar, sê sy toestand het Maandag skielik verswak.

Sy het haar man as ’n opregte, gerespekteerde en geliefde eggenoot, pa en kollega beskryf.

“Hy was lief vir sy gesin en familie en het altyd almal met respek hanteer. Hy het ten alle tye eties opgetree en was geliefd onder sy kollegas.

“Ek mis reeds alles van James – sy menswees. Sy dood is ’n groot verlies en laat reeds ’n groot leemte.”

Dr. Lloyd Rossouw, hoof van die departement kwarternêre paleontologie by die Nasionale Museum, het Brink as ’n uitsonderlike leermeester beskryf wat op sy unieke manier menige student (ook Rossouw self) voorgestel het aan die vakgebiede osteologie, kwarternêre paleontologie en argeo-soölogie.

“Hy was ook ’n filosoof, kenner van klassieke kulture en tale en goeie wyn. Hy sal veral onthou word vir sy wysheid, humorsin en beskeie geaardheid.”

Benewens sy vrou laat hy drie kinders agter, Mari Brink (26), ’n tutor wat graag haar M-graad in plantkunde wil voortsit, Willem Carel Brink (24), wat tans sy M-graad in Europese letterkunde en kultuurgeskiedenis in Italië voltooi het, en Lilian Brink (21), ’n student in beeldende kunste aan Kovsies.

Die begrafnisreëlings is nog nie afgehandel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.