Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekende prokureur van Welkom dood

Ben Kellerman (79), bekende prokureur en groot rugby-ondersteuner in die Goudveld, is Maandag in die Mediclinic Welkom dood nadat hy in die waakeenheid vir longontsteking behandel is.

Ben Kellerman

Kellerman was een van die steunpilare van die Welkomse prokureursfirma Schoeman Kellerman en Kotzé. Hy het hom in 1969 in Welkom as prokureur gevestig en het in 2016 ná 47 jaar afgetree.

Niel Schoeman, seun van Hector Schoeman, Kellerman se jare lange vennoot, sê die twee gesinne het jare lank langs mekaar gebly.

Kellerman het ook diep spore in Goudveldse rugby getrap en was onder meer president van die Griffons-rugbyunie en voorsitter van die Rovers-klub.

“Hy en my pa het agter die Springbokke aan getoer en hulle het ook Gerrie Coetzee se wêreldtitelgeveg in die jare 80 bygewoon,” sê Schoeman.

Kellerman word oorleef deur ’n dogter, Sanet Kalp, ’n seun, Bennie, wat ook ’n prokureur in Welkom is, en drie kleinkinders.

’n Roudiens word Saterdag om 11:00 in die NG kerk St. Helena in Welkom gehou.

Meer oor:  Welkom  |  Goudveld  |  Sterfgeval  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.