Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekendes se maskers het lekker houding

Gesigmaskers is die nuwe moet-hê item in elke klerekas. Party mense bly by die eenvoudige witen-blou mediese masker, terwyl ander meer kreatief raak. Die aktrise Lizz Meiring sê sy dink haar ore is te klein vir ’n mediese masker. “Ek het ’n redelike kort gesig. Dit maak dat die masker nogal hoog op my gesig sit en ek lyk so ’n bietjie soos ’n dwergie,” sê sy. Nou dra sy maar ’n serp met ’n engel daarop. “So, ek dra nou ’n engel oor my mond,” sê sy. “Dalk help dit my om ’n wag voor my besige mond te sit.”

Emo Adams en sy vrou, Michelle.

Koos Kombuis dra ’n lapmasker, maar as dit in die was is, dra hy ’n buff (’n materiaalbuis wat jy soos ’n serp kan dra). Hy noem dit sy “f**-ol-ban­dana”. “Enige masker is beter as niks,” sê hy. “My grootste vrees is eintlik dat die drankwinkels vir altyd toe sal bly”.

Jonathan, die Radio Raps-komediant, sê weer die mediese masker laat sy ore meer bak lyk as wat dit is. “Ek dra ’n buff want dis baie gemaklik en ek kan my verbeel dat ek in ’n boot is waar ek kan visvang,” sê hy.

Lizz Meiring
Koos Kombuis
Jonathan van Radio Raps.
Jack Parow
Vanes-Mari du Toit

Die Kaapse rapper Jack Parow het aanvanklik ’n Chucky-masker gedra na dié karakter in die gruwelfliek Child’s Play. “Dit kan werk, want dit sal mense op ’n afstand hou” sê hy. Maar die masker was te warm en nou dra hy ook liewer ’n buff.

Emo Adams en sy vrou, Michelle, pronk met maskers wat spesiaal vir hulle gemaak is. Die komediant, sanger en aanbieder van Noot vir noot en Maak my famous sê hy gee nie om of mense ’n kopdoek of ’n serp dra nie, solank almal net veilig bly.

Die aktrise Mila Guy het vir haarself ’n masker gemaak en dit met kleurvolle prentjies versier. Sy wissel dit af met een wat ’n vriend, Joel Janse van Vuuren, vir haar gemaak het.

Vanes-Mari du Toit, TV-aanbieder, het ook twee: ’n eenvoudige swarte en ’n trots Suid-Afrikaanse opsie.

Meer oor:  Mila Guy  |  Jonathan  |  Vanes-Mari Du Toit  |  Lizz Meiring  |  Koos Kombuis  |  Emo Adams  |  Maskers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.