Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekendes sê waarom hulle brief oor gay-regte steun
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch.

Net soos jy nie jou velkleur kies nie, kies jy ook nie jou seksuele oriëntasie nie. Jy word daarmee gebore, sê die vermaaklikheidster Bouwer Bosch.

Hy is een van die meer as 100 mense, wat insluit bekende akteurs, skrywers, predikante en akademici, wat ’n sterk bewoorde brief aan die Algemene Sinode van die NGK ondersteun.

Bosch sê hy steun die brief omdat die land ’n geskiedenis het om mense te hanteer op grond van iets waaroor hulle nie ’n keuse het nie. Dit is vir hom belangrik dat die geskiedenis hom nie herhaal nie.

Die brief wat geskryf is deur dr. Frits Gaum, voormalige redakteur van Kerkbode, is Vrydag aan die NGK gerig voor die begin van die kerk se 17de vergadering van die Algemene Sinode Sondag in Benoni.

Dana Snyman

In die brief word daar onder meer gevra dat die kerk gay mense moet insluit by die kerk.

Dit is vir Bosch hartseer dat ons steeds in 2019 dié gesprek moet hê. Hy sê die NGK smeek nie vir God se liefde nie, dit is reeds daar, ongeag hoe gebroke die kerk of sy individue is.

“Die feit dat dit nou weer op die tafel is om te smeek dat gay mense anders hanteer word, is vir my so teenstrydig met hoe God se liefde werk. Want ’n mens moenie daarvoor smeek nie, jy kan nie, dis net daar.”

Hy daag die Kerk uit om ’n besluit uit liefde te neem en nie uit vrees nie, “want geen goeie goed kom vanuit ’n plek van vrees nie”.

Die skrywer Dana Snyman sê dit is ondenkbaar dat daar nog teen gay mense gediskrimineer word.

Deon Lotz. Foto: Edrea du Toit

“Dit verstom my dat daar mense is wat dink gay mense sal hel toe gaan of sulke goed,” sê Snyman

“Dit is vir my net so eenvoudig soos dit – die Bybel sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

“Ek ken nie daardie Jesus wat so teen gay mense diskrimineer nie. Die Jesus wat ek ken, is inklusief en wil soveel mense moontlik omarm.”

Die veteraanakteur Deon Lotz, wat ook die brief steun, meen die Here sou nie gay mense geskape het as dit sonde was nie.

“Wie is ons om ’n oordeel oor iemand te vel? En daarom voel ek die kerk het nog minder van ’n reg om dit te doen,” sê Lotz.

Helen Zille. Foto: Argief

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier, sê sy het die brief met vreugde onderteken.

“Ek glo in menseregte, wat in ons Grondwet verskans is, dit is iets wat ek heelhartig ondersteun. Ons het baie vordering in die wêreld, en veral Suid-Afrika, gemaak wat gay-regte betref,” sê Zille.

Die Suidooster-akteur Marco Spaumer sê dit is ’n baie belangrike brief.

“Dit raak soveel mense, verhoudings, families, en ek dink dit gaan vir seker ons toekomstige generasie affekteer.”

Spaumer, wat openlik gay is, sê hy is in ’n NGK wat hom aanvaar en waar hy veilig voel, maar almal is nie so gelukkig nie.

Marco Spaumer

“Ek is in ’n kerk wat almal aanvaar en verwelkom. ’n Kerk wat selfdegeslag-huwelike goedkeur.

“Dit is vir my verskriklik belangrik dat die brief onderteken moet word, dat dit aan die Kerk gestuur word en dat hulle dit moet lees.

“My deel van die kerk is oukei, maar dit is natuurlik die groter, oorhoofse NG kerke wat dit moet hoor.”

Meer oor:  Helen Zille  |  Dana Snyman  |  Deon Lotz  |  Marco Spaumer  |  Bouwer Bosch  |  Ng Kerk  |  Gay-Kwessie  |  Gay-Debat  |  Brief  |  Bekendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.