Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bekroonde sjef (44) sterf ná kankerstryd

Kosmaak was sy passie en hy het altyd gesê “jy is net so goed soos jou laaste bord kos wat jy uitstuur”.

So sê Liandri Matthee oor haar man, die bekroonde Suid-Kaapse sjef Jaco Matthee (44) van Oudtshoorn, wat verlede Maandagoggend vroeg in die Mediclinic in die dorp aan kanker dood is.

Volgens Liandri het Matthee kolon-, milt- en lewerkanker gehad.

Jaco Matthee

Hy was wyd bekend vir sy kookkuns, sê sy. Matthee het in 2018 die prys vir die beste kosstalletjie op die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) gewen.

“Hulle was so besig jy kon letterlik nie die einde van die ry sien nie,” sê sy.

Hy was ook betrokke by talle restaurante, het die kos vir menige troue en weermaggeleentheid vir tot 1 500 soldate gemaak en hy het aan potjiekoskompetisies deelgeneem wat hy almal gewen het (“toe besluit hulle hy moet maar liewer beoordeel”).

As jy Jaco ontmoet het, het jy van hom gehou, so eenvoudig soos dit. Hy was bitter skerp en het altyd grappies gehad. Hy het ’n groot, groot hart en baie wysheid gehad.

Sy verbasing was ook groot toe hy vroeër deur die boeremark in George, waar hy vyf jaar lank ’n stalletjie gehad het, in kennis gestel is dat sy burgers as die beste in die suidelike halfrond aangewys is deur iemand wat al 25 lande besoek het.

“Ons het nie eens daarvan geweet totdat hy die titel gekry het nie. Hy was so trots,” sê Liandri.

Volgens haar was kosmaak Matthee se passie en is dit wat hom bo almal laat uitstaan het.

“Alles moes volmaak wees. Jaco sou nooit iets uitgestuur het waarmee hy nie 110% tevrede was nie. As jy Jaco ontmoet het, het jy van hom gehou, so eenvoudig soos dit. Hy was bitter skerp en het altyd grappies gehad. Hy het ’n groot, groot hart en baie wysheid gehad.”

Matthee sal veras word, sê sy. Daar sal nie ’n diens wees nie.

“Hy wou hê sy vriende en familie moet net ’n groot braai hou en lag en gesels oor hom en die goeie tye koester.”

Benewens Liandi word hy deur twee dogters, Chrisli (15) en Anke (13), en sy ma, Bets Matthee, oorleef.

Meer oor:  Sterf  |  Kanker  |  Sjef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.