Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beloftebos-besluit gaan in die hof draai

Die gay paartjie wat deur Beloftebos weggewys is weens hul seksuele oriëntasie, wil hê die gelykheidshof moet beslis of daar teen hulle gediskrimineer is.

Megan Watling en Sasha-Lee Heekes gaan die Beloftebos-kwessie nou na die gelykheidshof neem. Foto: Facebook

Megan Watling en Sasha-Lee Heekes, ’n jong Kaapse paartjie, sê hulle voer die saak verder omdat hulle nie langer wil stilbly oor die diskriminasie wat hulle en die LGBTQIA+-gemeenskap elke dag ervaar nie.

Beloftebos was op die paartjie se lys van moontlike opsies vir hul troue in April 2021, maar hulle is deur Beloftebos in kennis gestel dat hulle weens “ ’n persoonlike geloofsoortuiging nie gasheer vir troues tussen paartjies van dieselfde geslag kan wees nie”.

Maar tot hier toe en nie verder nie, sê Watling en Heekes. Hulle sê dit maak nie saak hoe mooi Beloftebos sy weiering verwoord nie, dit kom op onbillike en onregverdige diskriminasie neer.

“Ons bedoeling is om ons rol te speel in die verbreking van die stilte oor die onbetwiste en ongeërgde gebruik van persoonlike oortuigings om onregverdig teen die LGBTQIA+-gemeenskap te diskrimineer.”

Hulle het intussen ook begin om ’n veldtog met die hutswoord #samelove op sosiale media te versprei.

Hul regspan het aan hulle gesê dat Beloftebos wel strydig met art. 9 van die Grondwet en strydig met die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie optree.

Hulle het intussen ook begin om ’n veldtog met die hutswoord #samelove op sosiale media te versprei.

Michael Swain, uitvoerende direkteur van Freedom of Religion South Africa, ’n drukgroep wat hom beywer vir die reg tot godsdiensvryheid vir alle Suid-Afrikaners, sê daar is geen twyfel dat enige regsoptrede ten sterkste teengestaan sal word nie.

Dit is ’n belangrike kwessie waaroor die howe sal moet beslis, sê hy.

“Ons leef in ’n samelewing waar ons verenig is in ons diversiteit. Ons praat hier van twee gelyke regte wat nou teen mekaar opgeweeg gaan word.”

Hy sê ons moet leer om mekaar se verskille te respekteer, eerder as om ’n hiërargie te vestig.

Intussen het talle eienaars van ander venues op Facebook aangedui die paartjie kan by hulle kom trou. Gielie de Kock, wat die River Breeze Restaurant op Witsand bedryf, sê Watling en Heekes kan enige tyd hier kom trou. “Jy het mos niks te doen met dit wat ’n ou doen as hy sy voordeur toetrek nie. Jy kan mos sê ek stem nie saam nie, maar jy kan nie sê ek maak my plek toe vir jou nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.