Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beloftebos: Dalk regstappe ná opmerking oor gay paar

Regstappe kan volg op uitlatings oor ’n gay paartjie wat wou trou by Beloftebos, ’n trouplek in Stanford in die Overberg, en toe weggewys is.

Die paartjie is glo deur ’n Christen-drukgroep met “Hitler” en “Stalin” vergelyk.

Sasha-Lee Heekes en Megan Watling van Kaapstad het onlangs op Facebook geskryf dat hulle deur die eienaars van Beloftebos verwittig is dat Beloftebos “vanuit ’n persoonlike geloofsoortuiging nie gasheer kan wees vir troues tussen paartjies van dieselfde geslag nie”.

Megan Watling en Sasha-Lee Heekes. Foto: Facebook

Netwerk24 het vroeër berig dié venue was in 2017 om dieselfde rede in die nuus toe Alex Thorne en Alex Lu ook moes hoor dat hulle nie daar kan trou nie weens die eienaars se geloofsoortuiging. Dié paartjie het vroeër in ’n verklaring gesê hulle wil regstappe doen.

MambaOnline het Maandag berig Michael Swain, uitvoerende direkteur van Freedom of Religion South Africa, ’n drukgroep wat die regte vir godsdiensvryheid vir alle Suid-Afrikaners beskerm en wat Beloftebos verteenwoordig, in ’n artikel op hul webblad (https://forsa.org.za/beloftebos-religious-rights-in-perspective/) oor die kwessie geskryf het: “There is no greater abuse of human rights than this, whose end was horrifically demonstrated during the last century in Hitler’s Germany, Stalin’s Soviet Union and Mao’s China”.

Die paartjie sê by navraag in ’n verklaring hulle vind dit verskriklik dat enigiemand hul stryd teen diskriminasie met die Joodse volksmoord kan vergelyk, wat die gevolg was van diskriminasie.

Luidens die verklaring het Heekes familielede wat in Nazi-kampe dood is.

“Geen woorde kan die gevoelloosheid van dié moedswillige opmerking beskryf nie. Ons sal die saak in die hof aanpak en nie in die openbaar nie. Hierdie tipe aanvalle wys net weer die behoefte aan optrede, wat ons neem,” lui die verklaring.

’n Woordvoerder van die paartjie sê by navraag moontlike verdere stappe word nog bespreek.

Swain is om kommentaar genader, maar het gevra of die verslaggewer al die artikel gelees het, en het gesê dat dit op hul (Freedom of Religion) se webtuiste beskikbaar is.

Meer oor:  Sasha-Lee Heekes  |  Megan Watling  |  Stanford  |  Gay  |  Beloftebos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.