Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beloning aangebied vir inligting ná moord op man in Secunda

’n Beloning van R50 000 word aangebied aan enigiemand met inligting oor die moord op die 34-jarige Chris Botha by ’n winkelsentrum in Secunda in Mpumalanga.

Ao. Petro Bester, ondersoekbeampte in die saak, sê die familie het Maandag die bedrag uitgeloof vir inligting wat moontlik kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes.

’n Beloning van R50 000 is uitgeloof vir enige inligting oor die moord op Chris Botha. Foto: SAPD

“Die voorval het op 20 Mei omstreeks 18:00 by ’n pizza-restaurant in die Lifestyle Centre in die dorp gebeur,” sê Bester.

“Vier netjies geklede mans met gesigsmaskers het die restaurant binnegekom. Die oorledene wou sy suster help om die restaurant, ’n familieonderneming, te sluit.

“In daardie stadium het die restaurant weens die inperkingregulasies slegs aflewerings gedoen. Die oorledene is in ’n struweling met een van die mans een keer in die kop geskiet.

“Beeldmateriaal van sekuriteitskameras toon dat die aanvallers minute voor die aanval buite in die straat gestaan het voordat hulle die restaurant binnegegaan het.”

Volgens Bester het die mans Botha se CZ 9 mm-pistool gesteel en te voet gevlug. Botha is kort daarna op die toneel dood verklaar.

“Die aanvallers het geen kontant uit die kasregister van die restaurant gebuit nie,” sê Bester.

Enigiemand met inligting oor die voorval moet die ondersoekbeamptes, ao. Petro Bester by 082 494 8595 of kapt. Leon Kroucamp by 083 324 1829, kontak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Chris Botha  |  Secunda  |  Mpumalanga.  |  Aangebied  |  Beloning  |  Inligting  |  R50 000  |  Moord  |  Winkelsentrum I
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.