Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beloning in soektog na Tazne (8) uitgeloof

’n Beloning van R10 000 is Donderdag uitgeloof vir inligting wat die polisie kan help om die vermiste Tazne van Wyk (8) van Ravensmead in Kaapstad op te spoor en haar ontvoerder in hegtenis te neem. Sy word sedert Vrydag vermis.

’n R10 000-beloning is uitgeloof vir inligting wat kan help om die vermiste Tazne van Wyk (8) op te spoor.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê dat hy Carmen van Wyk, Tazne se ma, en die Ravensmead-polisiekantoor, van waar die soektog gekoördineer word, besoek het.

Fritz het tydens sy besoek aan Van Wyk vir haar gesê dat sy departement die geld vir die beloning gaan bewillig.

Hy het ook gereël dat ’n berader van die departement van maatskaplike ontwikkeling haar in die tyd moet bystaan.

Die beloning sal aan die persoon gegee word wat inligting aan die polisie gee oor waar Tazne is en wat kan lei tot die inhegtenisneming van haar ontvoerder.

Fritz het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle nie aan gerugte te steur nie nadat ’n chaos Dinsdag in Ravensmead uitgebreek het.

Inwoners het ’n gerug gehoor dat “die ontvoerder” by ’n plaaslike hoërskool gesien is.

Die polisie moes later ingeroep word om die skare mense te beheer nadat hulle die skool binnegedring en onder meer dakke en deure afgebreek het soos hulle na die man gesoek het.

Fritz het gevra dat alle soektogte deur die polisie gekoördineer moet word.

“Dit is om mense se veiligheid te verseker.”

Hy het gevra dat mense met inligting dit vir die polisie gee. Enigeen met inligting kan dit na 078 330 9333 WhatsApp of SMS. Inligting kan ook na Police.Oversight@westerncape.gov.za gestuur word.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Carmen Van Wyk  |  Tazne Van Wyk  |  Ravensmead  |  Beloning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.