Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Belowende rugbyspeler in ongeluk dood

’n Belowende jong rugbyspeler en geliefde vriend is Dinsdagaand in ’n motorfietsongeluk in Durbanville dood.

Die motorfietsryer, JC Marais (26), oorspronklik van Rawsonville, het Dinsdagmiddag omstreeks 17:00 ’n vragmotor in Okavangoweg, Kraaifontein, van agter getref.

“Toe ons teen 18:00 daar aankom, was hy ongelukkig reeds weg,” sê Braam van Wyk, hoofafrigter van die Kraaifontein-rugbyklub waarvan Marais ’n lid was. Van Wyk was saam met Cujaun van Zyl, Marais se beste vriend, op die toneel.

“JC was so lief vir sy motorfiets, ’n Honda. Vir die vier jaar wat ek hom ken, het hy altyd met daardie motorfiets gery,” sê Van Wyk.

JC Marais (26) Foto: Facebook/JC Marais

Marais, ’n oudleerling van die Hoër Tegniese Skool Drostdy, was volgens hom ’n belowende speler en baie gelief onder sy vriende en spanmaats.

Marais het in Kleinbron, Brackenfell, gewoon, maar hy het hom by die Kraaifontein-rugbyklub aangesluit omdat Van Zyl daar ’n lid was. Hy was ’n vleuel.

“JC was ’n baie goeie seun. Almal was mal oor hom en hy kon ’n glimlag op enigiemand se gesig sit – die lewe het hom nooit teneergedruk laat voel nie. Ons het gereeld saamgekuier en gebraai.”

Volgens Van Wyk is Cujaun gebroke oor sy vriend se dood. “Hy en Cujaun was baie goeie vriende en hulle het selfs vir ’n paar jaar saamgewoon.”

Marais met sy arms om sy beste vriend, Cujaun van Zyl. Foto: Verskaf

Janique van Wyk, Cujaun se vriendin, sê op Facebook: “15 September sal nooit weer dieselfde wees nie. Dis so onwerklik, dis so onregverdig dat jy gevat is.

“Dit was ’n voorreg om jou te ken en jou in my lewe te hê. Jy het spore gelos in so baie mense se lewens, maar veral in my en Cujaun s’n. ’n Beste pel, broer, duiker, grapjas. Ons gaan jou bitter baie mis.”

JC Marais Foto: Facebook/Joey Van Lill

Huldeblyke het van oral ingestroom nadat die nuus oor sy dood bekend geraak het.

“Vir my is dit nog nie werklikheid nie,” skryf ’n vriend, Bernard Oosthuizen, op Facebook. “Ek is bevoorreg om iemand soos jy as my vriend te kon hê. Die afgelope paar jaar het ons regtig goeie vriende geraak en ons het twee weke terug nog planne gemaak om by mekaar uit te kom.

You were as real as they come, enig in jou soort. Dis hoekom ek so baie liefde en respek vir jou gehad het en hoekom jy so baie mense in jou lewe het wat vir jou omgee. Daar is dinge van jou wat ek nooit sal vergeet nie.”

Meer oor:  Jc Marais  |  Kraaifontein  |  Dood  |  Belowend  |  Rugbyspeler  |  Motorfietsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.