Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Bendegeweld, ander misdade belangriker as mense op strande’

Met al hoe meer misdade wat te midde van die vlak 3-inperkingsmaatreëls in Kaapstad gepleeg word, het die metropolisie nou nie meer genoeg mannekrag om voortdurend strande te patrolleer nie.

Richard Bosman, uitvoerende direkteur van die Kaapstad-metro se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit, sê die metro is bewus daarvan dat mense vir ontspanning na strande begin terugkeer.

“Soos ons vantevore aangedui het, het die metro aan die nasionale regering geskryf dat strande oopgestel moet word, maar ons het nog geen reaksie gekry nie,” sê Bosman.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het op 29 Mei aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, geskryf en gevra dat die nasionale regulasies aangepas word sodat strande, asook die munisipale parke wat nog gesluit is, vir die publiek oopgestel kan word.

Plato het uitgewys dit is wye en oop ruimtes wat juis vanweë die aard daarvan ’n veilige afstand tussen mense moontlik maak. Nog geen antwoord is van Dlamini-Zuma hieroor verkry nie.

Bosman het op sy beurt by navraag gesê wat wetstoepassing betref, is die metro, en ook sonder twyfel ander wetstoepassers van ander regeringsvlakke, se fokus nou verdeel. Daar is merkbaar meer misdaad sedert begin Junie, insluitend bendegeweld, en hulpbronne moet ook op dié voorkeurgebiede gefokus word.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Bendegeweld  |  Strande  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.