Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bendelid in aanhouding ‘aan onnatuurlike oorsake dood’
Leeroy Oliphant is op Dinsdag 8 September in polisie-aanhouding dood. Foto: Facebook

Leeroy Oliphant (30) is aan “onnatuurlike oorsake” dood.

Sy tante, Caren Potberg, het Dinsdag gesê hulle het verlede Woensdag sy doodsertifikaat gekry.

Hy is verlede Saterdag begrawe nadat hy op 8 September in hegtenis geneem is en later die dag in polisieaanhouding dood is.

Sy het gesê hulle wag nog vir die lykskouingsverslag omdat hulle wil weet presies wat sy dood veroorsaak het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), het Maandag bevestig dat Oliphant aan onnatuurlike oorsake dood is.

Cola het gesê tegniese verslae is nog uitstaande, volgens inligting die toksikologiese verslag, waarna ’n besluit oor die pad vorentoe in die ondersoek sal geneem sal word.

Imraahn Mukaddam, ’n gemeenskapsaktivis van Elsiesrivier en ’n waarnemer vir die Menseregtekommissie (MRK), het Dinsdag gesê hy het ook inligting ontvang dat Oliphant aan onnatuurlike oorsake dood is.

Hy het gesê die MRK het adv. Venice Burgess, ’n Kaapstadse regsgeleerde, nou ook gevra om ’n oog oor die ondersoek te hou “sodat dit nie net in die niet verdwyn nie”.

Die polisie het kort ná die voorval in hul voorvalleboek geskryf dat Oliphant dood is nadat hy oor pyn op die bors gekla het en gesê het hy sukkel om asem te haal.

Oliphant, wat op parool was, het by Anita Goliath en haar man, Gerald, geloseer.

Sy het die Woensdag ná sy dood gesê dat hy voorheen geen probleme met sy bors ondervind het nie en nie ’n sieklike mens was nie.

Leeroy Oliphant se doodsertifikaat Foto: Verskaf

Volgens Goliath het lede van die teenbende-eenheid Oliphant omstreeks 02:00 by hul huis in Debdenstraat kom haal. Toe hy in hegtenis geneem is, het sy iets gehoor wat soos ’n aanranding geklink het.

Oliphant is glo sowat twee uur later deur dieselfde polisielede na die Elsiesrivier-daghospitaal geneem, waar

hy as dood verklaar is.

Volgens ’n inskrywing in die polisie se voorvalleboek het lede van die teenbende-eenheid Oliphant ná ’n skietery in Elsiesrivier, waarin twee mense gewond is, vir ondervraging ingeneem.

Volgens dié inskrywing is hy op parool en was hy ’n lid van die Skombizo’s, ook bekend as die 27-tronkbende.

Hy is glo geneem na twee adresse waar die mense wat moontlik by die skietvoorval betrokke kon wees, hulle kon bevind.

Volgens die inskrywing het Oliphant by een van die huise begin kla oor ’n pyn op die bors en dat hy sukkel om asem te haal.

Die polisielede het hom glo daarna na die Elsiesrivier-daghospitaal gehaas.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Opod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.