Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Benoni-man kritiek ná hy raakgery is

’n Man het Vrydagmiddag kritieke beserings opgedoen toe hy op die N12-snelweg naby die Putfontein-afrit in Benoni deur ’n ligte motorvoertuig raakgery is.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê die slagoffer is vermoedelik in sy 40’s en het in die middel van die pad gelê toe hul paramedici omstreeks 13:50 op die toneel opdaag.

Die voertuig wat na bewering die man raakgery het, was ’n kort afstand verder geparkeer.

Volgens Meiring het die slagoffer verskeie beserings insluitende ’n kopwond opgedoen en was hy in ’n kritieke toestand.

Hy is op die toneel met gevorderde lewensondersteunende tegnieke behandel, waarna hy na die Thema Memorial-hospitaal gebring is om verdere mediese sorg te ontvang.

Die bestuurder van die voertuig is nie in die voorval beseer nie.

Volgens Meiring sal die presiese oorsaak van die ongeluk deur die toepaslike plaaslike owerhede ondersoek word.

Meer oor:  Er24  |  N12  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.