Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beseerde fietsryer stabiel ná ongeluk in Strand

’n Fietsryer wat Sondagmiddag baie ernstig beseer is in ’n ongeluk in die Strand en per helikopter na die Tygerberg-hospitaal geneem moes word se toestand is stabiel.

Die 27-jarige fietsryer het teen die kant van ’n voertuig vasgery wat in Faganstraat, oorkant die Laerskool Hendrik Louw, afgery het. Die ongeluk het op die hoek van Faganstraat en Kerkstraat gebeur.

Die fietsryer het van sy ribbes gebreek, ’n kopbesering opgedoen, asook skaaf- en snymerke, sê Ivan Greyling, bestuurder van Gordonsbaai se ambulansdienste.

Die man het in die middel van die pad gelê toe die nooddienste by hom aankom. Die nooddiens ER24 het ook kom help en volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het hy lewensondersteunende behandeling gekry.

Verskeie nooddienste het kom help nadat ’n fietsryer ernstige beserings opgedoen het.

Toegang kon verkry word tot die laerskool se sportgronde en ’n helikopter van Air Mercy Services kon op die veld land om die man op te laai.

Die pasiënt was bewusteloos en moes suurstof kry. ’n Vriend van die man was op die toneel om die nooddienste te help met inligting oor wie hy is en hoe oud hy is.

Die man is steeds aan ’n ventilator gekoppel. Volgens Laticia Pienaar, woordvoerder vir die hospitaal, is sy toestand nou stabiel.

Die Strand-polisie is bewus van die ongeluk, maar sê die verkeersdepartement was op die toneel. Die Kaapstad-metro se verkeersdiens het die verkeer gehelp reguleer, sê Maxine Bezuidenhoudt, woordvoerder.

Die pasiënt word in die helikopter gelaai.
Die helikopter staan gereed om die beseerde fietsryer na die hospitaal te neem.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Strand  |  Ongeluk  |  Fietsongeluk  |  Fietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.