Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Besetters dreig Rooimiere wat in Vereeniging toeslaan

’n Groep grondbesetters in Ironside, Vereeniging, het die Rooimiere Woensdag met geweld gedreig terwyl dié hulle verwyder en plakkershutte afgebreek het.

Inwoners het voor die Rooimiere opgedaag het, luidkeels betoog. Foto: Ntwaagae Seleka

Die groep sê hulle het die grond, wat glo vir ekonomiese ontwikkeling geoormerk is, verlede maand beset en dat “niemand” hulle sal verwyder nie. Dit behoort aan die Midvaal-munisipaliteit wat ’n uitsettingsbevel bekom het.

Die besetters het Woensdagoggend die strate ingevaar en het buitebande en ander voorwerpe aan die brand gesteek.

’n Groot groep Rooimiere het omstreeks 08:00 met 15 vragmotors en ander voertuie by die besette grond aangekom. Hulle het buite die polisiekantoor in De Deur stilgehou terwyl hulle gewag het vir die opdrag om met die uitsetting te begin. Lede van die openbare-orde-polisiëringseenheid het ook opgedaag om die Rooimiere te vergesel sodat hulle die uitsettings kon doen.

Een van die besetters wat geweier het om sy naam te gee en met ’n graaf gewapen was, het egter gesê: “Die grond is ons s’n. Ons gaan nêrens heen nie. As hulle oorlog wil hê, sal ons dit vir hulle gee.”

Sayyid Ahmed Kgaole, gemeenskapsleier, sê hulle is gereed om te sterf indien die Rooimiere hul huise afbreek.

“Ons wil ons grond hê,” sê Kgaole.

“Ons gaan nêrens heen nie. Die Midvaal-munisipaliteit het nie die toepaslike stappe gedoen toe hy die hofbevel verkry het nie. Ons daag hulle in die hof uit om ons nie te verwyder nie. Die munisipaliteit het hul hofbevel op 13 April by net een hut afgegee. Nie almal het dit gekry nie.”

Kgaole beweer hulle is na die hooggeregshof om die uitsettingsbevel teen te staan.

Die Rooimiere staan en wag by die De Deur-polisiestasie. Foto: Ntwaagae Seleka

“Die munisipaliteit is bewus hiervan. ’n Advokaat verteenwoordig ons pro bono (gratis). Ons saak word op 27 Junie aangehoor.”

Mokete Motsamai, lid van die burgemeesterskomitee vir ontwikkeling en beplanning in die Midvaal-munisipaliteit, sê die besetters moet padgee. Volgens Motsamai is die stuk grond wat hulle beset vir ’n burgersentrum geoormerk.

“Ons het die uitsettingsbevel twee weke gelede gekry en dit betyds aan die inwoners beteken. Ons het hulle tyd gegee om te ontruim, maar hulle weier. Geen dienste word hier gelewer nie. Ons weet nie waar kry hulle dienste nie. Die besetters is nie van Midvaal nie.”

Motsamai sê die munisipaliteit keur nie grondbesettings in sy gebied goed nie.

“Ons het reëls wat behoorlik gevolg moet word deur diegene wat huise wil hê.”

Twee mense is op 10 April dood toe inwoners van die Ramaphosa- informele nedersetting in Rust-Ter-Vaal, Vereeniging, in ’n konfrontasie met Rooimiere was wat hulle verwyder het.

Meer oor:  Rooimiere  |  Vereeniging  |  Grondbesetters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.