Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Beskuldigde dood; vriende nou gepak

Met sy dood verlede Sondag is Andrew Turnbull (42) se omstrede botsings met die gereg nou iets van die verlede, maar ’n vrou wat sê hy het haar dwelms ingegee en soos ’n seksslaaf behandel, sê sy is nog nie klaar met hom en sy “toksiese vriendekring” nie.

Andrew Turnbull

Turnbull is dood nadat hy met sy Jaguar op die R72 naby Port Alfred in ’n Mercedes-Benz vasgejaag het. Sy passasier, Ryan Byrne (20), en die bestuurder van die ander motor, die 87-jarige Beulah Booysen, is op slag dood.

Turnbull, ’n hardekwas- voormalige renjaer, was alombekend in sosiale kringe in die Oos-Kaap. Hy het vinnig geleef en vinnig gery. ’n Video van die Jaguar se spoedmeter wat ’n lesing van 260km/h aantoon, is ná sy dood algemeen op sosiale media gedeel.

Hy is in 2016 skuldig bevind aan dwelmklagte. Met sy dood was hy verhoorafwagtend in sake van aanranding op sy gewese meisie en die besit van ammunisie en dwelms. ’n Skokkende video waarop hy die vrou wurg en teen ’n muur gooi, was ’n bewysstuk in dié saak. Hy het haar glo aangerand omdat sy met sy kredietkaart inkopies gedoen en nagklubs besoek het.

Bewerings van dwelms, geweld, groepseks en vernedering.

Maar daar was nóg moeilikheid aan die broei vir Turnbull.

’n 29-jarige vrou het weke gelede al ’n prokureur gespreek om moontlik regstappe teen hom te doen.

Dié vrou sê sy het ses maande lank by Turnbull gewoon omdat hy haar kastig sou beskerm terwyl sy en haar man vervreemd was en sy hom om ’n egskeiding gevra het.

Maar wat in sy huis gebeur het, het haar lewenslank getraumatiseer. Sy sê sy is gedwing om dwelms te gebruik en vir “ou oompies en ryk sakelui” sek­suele gunsies te doen.

Die wrak van die Jaguar.

Sy beweer sy is op ’n keer oor sewe dae verskeie keer verkrag, voordat sy dit reggekry het om van hom te ontsnap.

Volgens haar prokureur, Wil­liam Booth, is hul ondersoek reeds ver gevorder. Hulle het reeds verklarings van nog slagoffers wat nog bewerings maak van dwelms, geweld, mishandeling, groepseks en vernedering.

As Turnbull bly leef het, sou daar beslis strafregtelike klagte teen hom gewees het, sê Booth, maar “nou kyk ons na ander regsopsies teen samesweerders en ander”.

Chere Gray, Turnbull se eksmeisie op wie se aanrandingklag hy met sy dood tereggestaan het, het die afgelope week ’n foto van hulle saam op sosiale media gedeel.

Onderaan skryf sy sy het hom vergewe. “Daar was ’n tyd dat ek jou met alles van my liefgehad het.”

Meer oor:  Port Alfred  |  Seksuele Misbruik  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.