Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Besorgdes’ betoog oor Afrikaans
Lede van die groep Stellenbosch Lente tydens hul betogings verlede jaar oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

’n Groep “besorgdes oor die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch” beoog om Saterdag na die universiteit op te ruk om hul beswaar teen dié toedrag van sake bekend te maak.

Daniël Lotter, een van die organiseerders van die groep – wat uit onder andere alumni, huidige studente, politieke partye en ander belanghebbendes bestaan – sê die doel is om die universiteit tot besinning te bring oor die besluit om Afrikaans as voertaal te los.

“Ons bevraagteken die regsgeldigheid van die besluit om verskeie redes, onder meer omdat die universiteit gegrond is op die testament van Jan Marais wat bepaal dat sy erflating gebruik word vir ’n Afrikaanse hoëronderwysinstelling en waaruit die universiteit steeds baat en omdat die Handves van Menseregte Afrikaans as moedertaal beskerm,” sê Lotter.

Dit volg nadat ’n aansoek verlede jaar deur Gelyke Kanse by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien is om die US se taalbeleid te laat hersien. Gelyke Kanse is ’n inisiatief wat hom beywer vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die US.

Die groep wat Saterdag om 09:00 na die Admin B-gebou in Victoriastraat gaan optrek, beplan ook ’n perskonferensie waar onder andere prof. Hermann Giliomee, geskiedkundige en taalstryder, en Peter Marais, voormalige premier van die Wes-Kaap, toesprake sal lewer.

Meer oor:  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.