Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bestuurder hang homself glo ná bus in Welkom omslaan

’n Busbestuurder het homself glo Maandagoggend gehang nadat hy beheer oor ’n bus in Welkom in die Vrystaat verloor het en verskeie mense dood is.

Die Intercape-bus het omstreeks 04:30 in die Alma-sirkel omgeslaan.

Kol. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê sewe mense is op die toneel dood verklaar.

Die Vrystaatse gesondheidsdepartement sê op Facebook drie kinders is onder die sewe en dat nog 'n kind later in die hospitaal dood is.

Die polisie is op die toneel en 46 mense is ook luidens onbevestigde berigte in die hospitaal opgeneem.

Volgens noodwerkers is verskeie lyke reeds onder die wrak van die bus uitgehaal.

Die toneel word opgeruim en die lyk van ’n man het glo nog vir ’n tyd in ’n boom naby die toneel gehang.

Dit is nie seker wat tot die ongeluk gelei het nie, maar voorlopige inligting dui daarop dat die busbestuurder van sy roete afgewyk en toe die ongeluk veroorsaak het.

* Die polisie sal later ’n volledige verklaring uitreik.

Meer oor:  Intercape-Bus  |  Welkom  |  Busongeluk  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.