Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bestuurder vlug glo van toneel waar baba en kind sterf

Die bestuurder van ’n voertuig het volgens die verkeersowerhede op die vlug geslaan ná ’n noodlottige ongeluk Woensdagoggend vroeg op die N1 sowat 70 km buite Beaufort-Wes.

’n Driejarige seuntjie en ’n baba van tussen 3 en 6 maande oud is in die ongeluk dood.

“Die bestuurder van ’n Toyota Quantum het beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol,” sê Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

’n Vrou is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem en verskeie ander passasiers is ook beseer.

Die minibus was op pad na Kaapstad.“Die bestuurder het gevlug,” sê Africa.

Die minibustaxi wat Woensdagoggend op die N1 naby Beaufort-Wes gerol het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Ongeluk  |  N1  |  Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.