Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bestuurder vlug ná vrou in botsing sterf
’n Vrou in haar 20’s is Sondagoggend dood nadat ’n Corsa en ’n Toyota teen mekaar gebots het op die hoeke van Drewstraat en Stanfordweg in Port Elizabeth. Foto’s: Facebook
Werkers van ’n insleepdiens verwyder die Corsa uit die straat. Foto: Facebook

Die bestuurder van ’n wit Corsa-motor, waarin ’n vrou Sondagoggend dood is, het kort ná die botsing op die vlug geslaan.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het net ná 08:00 Sondagoggend op die hoek van Drewstraat en Stanfordweg, Port Elizabeth, gebeur.

’n Corsa Lite en ’n Toyota het reg van voor teen mekaar gebots.

Die Toyota met drie insittendes het in Drewstraat gery terwyl die Corsa met vier insittendes in die rigting van die Livingstone-hospitaal in Stanfordweg gery het.

Volgens Labans is ’n vrou in haar 20’s, wat in die Corsa was, in die ongeluk dood.

Twee ander passasiers in die Corsa is in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Labans sê die bestuurder van die Corsa het na bewering laat spaander en is steeds soek.

Niemand wat in die Toyota was, is beseer nie.

Meer oor:  Padsterfte  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.