Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bestuurder vlug van ongeluk, laat motor agter

Groot geheimsinnigheid heers oor ’n ongeluk in die vroeë oggendure in Bloemfontein nadat die bestuurder van ’n luukse sportnutsvoertuig te voet van die ongelukstoneel gevlug het.

Die Range Rover lê op sy sy in Lucas Steyn-straat na die ongeluk.

Die bestuurder van ’n swart Range Rover het Maandag omstreeks 04:00 te voet van die ongelukstoneel in Lucas Steyn-straat gevlug nadat hy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het en ’n lamppaal en mangat getref het voordat die voertuig op sy sy te lande gekom het.

Een van die bande het sowat 100 m van die voertuig gelê.

Die bestuurder was glo op pad na sy huis in die Woodland Hills-woonbuurt toe die ongeluk gebeur het.

Barry Vorster, wat naby die ongelukstoneel woon, sê hy het Maandag omstreeks 04:00 ’n groot slag gehoor en eers gedink dat sy dak of plafon ingeval het.

Hy het hierna mense hoor praat en ondersoek gaan instel.

Met sy aankoms op die toneel het hy die swart Range Rover op sy sy aangetref.

“Maar die bestuurder was nêrens in sig nie.”

Vorster sê volgens mense op die toneel het die bestuurder ná die ongeluk weggehardloop.

Hy sê een van die voorste wiele was heeltemal “afgeskeur” en het sowat 100 m verder gelê. ’n Mangat en ’n lamppaal het ook in die slag gebly.

Vorster sê hy verneem dat die bestuurder kort vantevore teen ’n baie hoë spoed in ’n ander straat gejaag het. Die voertuig is later Maandagoggend weggesleep.

Geen saak is by die polisie aangemeld nie.

Die wrak van die swart Range Rover op die ongelukstoneel.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Ongeluk  |  Sportnutsvoertuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.