Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogende vlugtelinge wil na ‘beter lande’ geneem word

Groepe betogende vlugtelinge en asielsoekers wat onlangs in Pretoria en Kaapstad weens onwettighede met die polisie slaags geraak het, dreig om die pad te vat Namibië of Mosambiek toe.

Njabulo Nzuza, adjunkminister van binnelandse sake. Foto: DAILY SUN

Volgens Njabulo Nzuza, adjunkminister van binnelandse sake, is dit omdat die Suid-Afrikaanse regering nie wil toegee aan hul eise om hulle in Kanada of “ander beter lande” te hervestig nie.

Dit het hy Dinsdag aan LP’s in die parlement gesê toe sy departement onder meer verslag gedoen het oor die jongste verwikkelinge wat die betogende immigrante, veral dié uit die res van Afrika, betref.

Hy het gesê buitelanders wat onlangs uitgekamp het voor die kantore van die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (UNHCR) in Pretoria, en dié in Kaapstad se pleidooi is nou dat hulle na ander lande verplaas moet word.

“Ons het in gesprek met hulle probeer tree, maar hulle het dit baie duidelik gestel dat hulle niks met ons as binnelandse sake te doen wil hê nie. Hulle wil aanbeweeg na wat hulle “beter lande” noem. Sprake onder hulle is dat hulle na Kanada of soortgelyke lande wil gaan.”

Nzuza het dit egter duidelik gemaak dat dit nie Suid-Afrika se verantwoordelikheid is om vlugtelinge op ander lande af te dwing nie.

Volgens hom het die inwoners van die omgewing in Pretoria waar die vlugtelinge uitgekamp het, hof toe gegaan omdat hulle nie met die vlugtelinge se teenwoordigheid daar gelukkig was nie.

“Soos in Waterkloof waar inwoners ’n uitsettingsbevel gekry het wat die vlugtelinge beveel het om daardie gebied te verlaat. Ander het daarna die perseel van die UNHCR in Pretoria onwettig betree.

“Ons wil dit baie duidelik stel dat niemand die reg het om ons landswette te oortree nie, al is hulle vlugtelinge of asielsoekers.”

Ons wil dit baie duidelik stel dat niemand die reg het om ons landswette te oortree nie, al is hulle vlugtelinge of asielsoekers.

Nzuza het gesê van die 615 betrokke vlugtelinge in Gauteng wat betoog het, is 523 gedokumenteer.

“Die res het onmiddellik om asiel aansoek gedoen toe ons uitvind dat hulle nie gedokumenteer is nie. Ons het toe die regte stappe gevolg om hulle aan te teken. Dit is dus ’n mite dat hulle dokumente van binnelandse sake wil hê. Die waarheid is dat hulle na ‘beter lande’ wil gaan.”

Nzuza sê van die vlugtelinge wat in hegtenis geneem is, het die landswette oortree. “Hulle moet nou deur die proses van vervolging gaan voordat hulle vrygelaat kan word.”

Hy het bygevoeg dat van die buitelanders nou dreig om na Namibië of Mosambiek “te trek”.

“Hulle eis nou dat die polisie hulle daarheen vergesel. Die Namibiese regering het reeds sy erge ontevredenheid uitgespreek vir as die Suid-Afrikaanse regering die buitelanders daarheen wil stuur.”

Meer oor:  Njabulo Nzuza  |  Pretoria  |  Mosambiek  |  Namibië  |  Kaapstad  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.