Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogers glo op pad na landdroshof in Hermanus

Betogers in Zwelihle, Hermanus, het Donderdagoggend weer byeengekom, terwyl sommige paaie die oggend nog gesluit was weens rommel wat opgeruim moet word.

Sowat 100 betogers is die oggend opgemerk waar hulle in Zwelihle gesing het. Hulle wil glo na die landdroshof op die dorp opruk.

Dit blyk dat van die betogers wat voorheen in hegtenis geneem is, Donderdag in die hof sal verskyn, berig Jaco Marais.

Die Overstrand-munisipaliteit sê die dagsentrum vir die gemeenskap in Hermanus is steeds weens die betogings gesluit.


Die gemeenskapspolisiëringsforum in Hermanus (GPF) sê inwoners van Zwelihle kan nie werk toe gaan nie, want daar is geen taxi’s in die omgewing beskikbaar nie.


Om 06:40 het die GPF gesê Swartdamweg van Mbekistraat tot Stilstraat en Schulphoekweg van Mbekistraat af tot by die see is gesluit omdat rommel op die strate nog opgeruim moet word.

Woensdag is twee polisiemanne en ’n betoger beseer, terwyl 17 mense in verband met openbare geweld in hegtenis geneem is.

Betogers het Woensdagoggend die strate ingevaar ná gerugte dat Gcobani Ndzongana, ’n gemeenskapsaktivis, in hegtenis geneem gaan word.

Betogers in Zwelihle, Hermanus, is Donderdagoggend weer byeen en gaan glo na die landdroshof op Hermanus opruk.Foto: Jaco Marais

Die polisie het later bevestig hy is inderdaad aangekeer weens aanhitsing tot geweld en saakbeskadiging die afgelope naweek.

Die polisie het rubberkoeëls en traangas afgevuur om die skare uiteen te jaag, terwyl bande aan die brand gesteek en strate met klippe versper is.

Inwoners van Zwelihle het ook glo probeer om die Mount Pleasant Primêre skool te beskadig en is deur die onlustepolisie-eenheid uitmekaar gejaag.

Inwoners het Dinsdag na die polisiekantoor opgeruk om ’n memorandum te oorhandig waarin die plaaslike polisie van wanbestuur beskuldig is. Hulle het aangedring dat die minister van polisie hulle kom toespreek.

Meer oor:  Hermanus  |  Zwelihle  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.